Sarie

Plaasvars in jou yskas

Clover se melk is só vars, jy kan jou verbeel dit kom elke oggend uit die stal in jou agterplaas

-

Kom dit by melk, kan jy uit verskeie handelsmer­ke kies. Maar as dit vars melk is wat jy soek, staan Clover-melk uit. Varsheid is Clover se prioriteit. Hul melk ondergaan meer as 80 gehaltetoe­tse en ’n unieke drie-stapprosed­ure genaamd Clover Triple Protect om die vars smaak te verseker. Dié proses behels eerstens dat die melk twee keer gesuiwer word – om selfs meer bakterieë te verwyder as met gewone pasteurisa­sie. Die volgende stap is behoorlike verkoeling om te verseker al die voedingsto­wwe bly behoue, en die derde stap ultraskoon verpakking in bottels sonder menslike aanraking.

Die melk word net van gesonde kuddes verkry, met die geheime bestanddee­l: liefde. Want dié melk word met groot sorgsaamhe­id gelewer – van die koei tot plaasvars in jou yskas.

Clover verskaf al 120 jaar lank melk aan Suid-Afrikaners en jy kan weet hulle is kenners op die gebied. Dis dié dat hul melk nie net vars is nie, maar Mooo Fresh.

 ??  ?? Clover bied ’n wye verskeiden­heid suiwelprod­ukte, wat laktosevry­e produkte insluit. Besoek clover.co.za of jou naaste winkel om te sien wat beskikbaar is.
Clover bied ’n wye verskeiden­heid suiwelprod­ukte, wat laktosevry­e produkte insluit. Besoek clover.co.za of jou naaste winkel om te sien wat beskikbaar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa