Sarie

ROOMYS-ENVRUGTEKO­EKTERRIEN

-

Die nagereg lyk indrukwekk­end, maar jy maak dit in ’n japtrap danksy SPAR se produkte uit hul Freshline-reeks.

genoeg vir 8-10

1 x 850 g SPAR Freshline Genoa Christmas

Fruit Cake

1 liter SPAR Vanilla Ice Cream

400 g SPAR Freshline Christmas Trifle Sponge 365 g SPAR Caramel Treat

125 g SPAR Freshline Raspberrie­s

125 g SPAR Freshline Blueberrie­s

Voer ’n broodpan van 20 x 10 cm met kleefplast­iek uit. Pols vrugtekoek tot growwe krummels in voedselver­werker. Skep roomys in groot mengbak en roer met houtlepel tot sag maar nie heeltemal gesmelt nie (dit moet die tekstuur van draairoomy­s hê). Voeg vrugtekoek­krummels by roomys en meng deur. Sny sponskoek in skywe van so 1 cm breed en pak in ’n enkellaag op die bodem van die broodpan. Skep ½ van roomys bo-op en smeer gelyk. Pak ’n tweede laag sponskoek bo-op, gevolg deur roomys en smeer weer gelyk. Pak laaste laag sponskoek bo-op. Plaas oornag in vrieskas. Keer uit op dienbord en verwyder kleefplast­iek. Skep karamel in spuitsak met 1 cm-roostuit en spuit rosette bo-op. Pak vars frambose en bloubessie­s bo-op en sit terrien voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa