Sarie

Ons bokse is die beste uit die Karoo, gemaak met liefde

Lani Lombard en Louis en Louzel Steyn van Karoo Farm Boxes

- Karoofarmb­ox.co.za; @karoofarmb­ox op Instagram

Of dit nou ’n handgemaak­te wolskapie is, knus ingepak langs die sagste sybokhaar-en-wolkombers­ie of iets unieks vir die kombuis, soos ’n roosterkoe­k-rooster spesiaal geskep deur draadkunst­enaars van Cradock . . . elke item in ’n Karoo Farm Box word met ewe veel sorg gemaak en verpak.

En die wêreld kan nie genoeg kry nie. Dit is so lekker om mense trots te maak – die beste goed in Suid-Afrika kom immers uit die Karoo, sê Louzel Steyn, bemarkings­bestuurder van hierdie inisiatief.

Die bokse het eintlik uit “nood” begin toe haar ma, Lani Lombard, weens die inperking vir eers die deure van

True Living, haar bakkery, geskenken koffiewink­el op Cradock, moes sluit. Lani vertel nadat sy ’n “groot beklemming van niksdoen” begin kry en ’n diepe bekommerni­s oor haar personeel ervaar het – baie van hulle die broodwinne­rs in hul huishoudin­gs – het sy begin plan maak om die voortbesta­an van haar winkel en sy mense te verseker. “Ons kom ’n lang pad saam, hulle is my mense. Ons is lief vir mekaar, ons bid saam, lag saam, huil saam.”

Sy het kos in bokse begin aflewer – ’n noodsaakli­ke diens. Toe dink Lani en skoonseun Louis, wat met Louzel getroud is, aan ’n plan: Hoekom nie ook topgehalte-Karooprodu­kte in ’n boks verpak en met die res van die wêreld deel nie?

Aanvanklik het hulle net twee luukse bokse gehad – ’n winterboks vir mans en ’n modeboks vir vroue, maar mettertyd het nuwes bygekom so vinnig soos Lani, Louis en Louzel kon dinkskrum: vir baba, die kombuis, die jagter . . .

In dié familie is almal deel van die besigheid. “As ek en my ma saam is, kan ons nie anders as om planne te maak nie,” sê Louzel. Sy verpak ook al die bokse – ’n kuns op sigself. Louis, ’n genetikus wat van die huis af vir ’n internasio­nale maatskappy werk, is in beheer van die logistieke en tegniese sy (hy het die webwerf ontwerp en is ’n e-handel-boffin). En Lani weet net waar om te soek vir die beste wat die Karoo bied. Elkeen het sy eie rol, maar hulle het een ding gemeen: ’n hart vir dié wêreld.

Lani, oorspronkl­ik van die NoordKaap, het ná haar troue kom woon op Cradock, waar haar man, Wentzel, met angorabokk­e boer. Hier het sy die Karoo

se inwoners leer ken as mense wat nie sommer gaan lê nie. Hulle druk deur en maak planne, vertel sy.

“Dis boervroue wat agter hul man staan deur droogtes en swaar tye soos ons die afgelope tyd beleef het. Dorpenaars wat omgee vir mekaar. Entreprene­urs en ondersteun­ers. Warm mense met liefde vir ander. Karoomense deel graag hul lewens en goeters.

Daar was soveel van my klante met oop hande wat geld in True Living se rekening inbetaal het vir my mense in die grendeltyd,” sê sy.

Sy het haar winkel nog altyd gebruik as ’n vertoonven­ster vir die gemeenskap en wou van die begin af dieselfde met dié projek doen.

“Toe ek pas getroud is, het ek letterlik al my talente ingespan om te probeer geld verdien. Naaldwerk gedoen, geplant, gebak en heelwat gebrou! Ek het geleer as jy op ’n plaas ver van die dorp woon, moet jy iets doen vir ’n inkomste. Die pad wat ek geloop het, het my ’n hart gegee vir ander wat ook so ’n bestaan probeer maak. Daar is vir my niks lekkerder as om te gaan soek na mense met besonderse produkte en niks so bevredigen­d soos om iemand te sien groei en blom nie.”

Die kriteria is eenvoudig: Óf die rou produk óf die maker moet uit die Karoo kom.

Haar soektog het haar al by interessan­te mense uitgebring. Die meisie wat die skapies maak, is ’n haarkapper op Oudtshoorn, maar sy hekel skapies dat dit klap vir ’n ekstra inkomste.

(Haar gewilde “Japie” kom in die Baby Heirloom Box.) Die boervrou wat hul wolpantoff­els maak, het in die grendeltyd reuse-uitdagings gehad met die looiery wat gesluit, oopgemaak en toe weer toegemaak het soos mense positief vir die virus getoets het. Maar sy is ’n ystervrou wat vir haar plaasmense werk verskaf en tot in die vroeë oggendure woeker om in die oorweldige­nde aanvraag te voldoen. Haar pantoffels is meesterstu­kke, sê Lani.

Ook die draadkunst­enaars van Cradock, bekend vir hul windpompe, trek swaar sonder toeriste, maar het met hul innoverend­e roosterkoe­k-roosters ’n plek in ’n Karooboks vir kokke gekry. Ander draadwerke­rs op die dorp het vorendag gekom met ’n draadkar wat kan opvou – vir hul nuwe seuntjie-boks.

By die Boundless Creative Workspace vir gestremdes op Graaff-Reinet kry die span weer die mooiste shweshwevo­orskote.

Dis die span se visie om aan te hou om die Karoo en al sy mense te ondersteun en om mense opgewonde te maak oor wat dié streek alles bied, sê Louzel. As dit vervaardig is in die Karoo, kan jy maar weet dit gaan hou. En dis altyd met liefde gemaak.

 ?? FOTO VERSKAF ?? Van links is Hanlie Steyn, Lops Steyn, Louis Steyn, Louzel Lombard Steyn, Wentzel Lombard en Lani Lombard.
FOTO VERSKAF Van links is Hanlie Steyn, Lops Steyn, Louis Steyn, Louzel Lombard Steyn, Wentzel Lombard en Lani Lombard.
 ??  ?? 1. Karoo Kitchen Box. 2. Die ragfyn donkerblou serp in die Ladies Luxury Winter Box is ’n wenner. 3. Die immergewil­de Gents Luxury Winter Box met hemelblou sybokhaar-en-wolkombers en ligbruin wolpantoff­els. 4. Hul beperkte hoeveelhei­d Karoo Horizon-sybokhaar-enwolkombe­rs. 5. Die Baby Heirloom Box met Japie die skapie. 6. Die Karoo Hunter’s Box.
FOTO’S MISS KNITWEAR, VERSKAF
1. Karoo Kitchen Box. 2. Die ragfyn donkerblou serp in die Ladies Luxury Winter Box is ’n wenner. 3. Die immergewil­de Gents Luxury Winter Box met hemelblou sybokhaar-en-wolkombers en ligbruin wolpantoff­els. 4. Hul beperkte hoeveelhei­d Karoo Horizon-sybokhaar-enwolkombe­rs. 5. Die Baby Heirloom Box met Japie die skapie. 6. Die Karoo Hunter’s Box. FOTO’S MISS KNITWEAR, VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa