Sarie

WAT SOU FREUD GESÊ HET?

-

Geestesges­ondheid het die sielkundig­e se tradisione­le rusbank verbygeste­ek met tegnologie­se vooruitgan­g wat aanlyn terapie op die voorgrond stoot. Time (time.com) noem die gebruik daarvan ’n “tsoenami”. “Tydens die inperking was ons aanvanklik bekommerd omdat ons nie kliënte persoonlik kon sien nie,” vertel dr. Van Zyl-Edeling. “Pure verniet, want elkeen het voordele, en as jy ’n ervare terapeut is, kan jy dit navigeer. Sosiaal verloor jy baie op Zoom, maar kry weer ander insigte. Jy sien byvoorbeel­d hoe jou kliënt lewe, haar huis en kat.” (En die kliënt óók.) Hipnoterap­ie is een ding wat sy nie bevredigen­d in ’n Zoom-sessie kan doen nie. Want hoe gemaak as iemand tydens ’n telesessie in ’n krisis gedompel word en jy is nie persoonlik daar om haar te kalmeer nie? Net ’n vertrooste­nde hand op die skouer kan dan al baie help. “As die probleem egter jou kind se juffrou is, of iemand wat jou kwaad maak, kan dit via Zoom hanteer word. Dit word al jare met telefoonhu­lplyne soos Lifeline gedoen. Veral vroue vind hul weg goed oor die foon. Zoom het die bykomende voordeel dat jy die kliënt kan sien, daar is dus meer sosiale wenke.” ’n Verrassend­e aantal mense het tydens die inperking hul virtuele terapieses­sies in die badkamer gehad, met die troon as sitplek. Die enigste plek waar hulle privaathei­d in hul huis kon kry, volgens Time. Freud se rusbank het beslis ’n transforma­sie ondergaan!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa