Sarie

VAKANSIE

hartsindro­om

-

Nee, niks met vakansiero­manse uit te waai nie. Dié term is geskep om te verklaar hoekom meer mense hierdie tyd van die jaar by hospitale se noodgevall­e-eenheid aanklop met klagte van ongereelde hartritmes (atriale fibrillasi­e of A-fib). Dis boonop dikwels mense met geen onderligge­nde hartsiekte nie. Daar word gereken dis van die elmboog te veel lig. Dit kan ’n kortsluiti­ng van die hart se elektriese sisteem veroorsaak, elektrolie­tvlakke (of soute) in die bloed verander en die vrystellin­g van streshormo­ne (soos adrenalien en kortisol) vermeerder. Jy hoef ook nie stormdronk te wees nie. Drie of meer drankies en jou risiko daarvoor neem toe. Bron: cnn.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa