Sarie

Ek het vergeet, vergeet hoe mens jou blootstel, hoe jy jou laat beseer deur onmatig van ’n ander mens te hou

Uit “Stilte” deur Elisabeth Eybers in die bundel Vers & Vrou (Human & Rousseau, R290)

- DEUR PHYLLIS GREEN pgreen@media24.com of @PhyllisGre­en op Twitter BRUIDZILLA SO BYNA BLOU DIE NAG RUIK NA SPOED PLEK VAN POUE WAAR ONTHOU BEGIN

ONTHOU MY

Helena Hugo (Lux Verbi, R220)

Die opvolg op Papierblom­me vertel meer van Janine en

Greg Walker se onstuimige verhouding. Janine en haar dogtertjie­s keer ná drie jaar in Londen terug na haar grootouers aan die Weskus. Sy moet besin oor haar verbrokkel­de huwelik en die onverwagte komplikasi­es wat sy moet hanteer. Net toe dinge begin beter gaan, daag Greg uit die bloute uit op. Sal Janine die moed van haar oortuiging hê om die regte besluit te neem en haar tweede kans met ope arms kan aangryp?

Marion Erskine (Queillerie, R260)

Milanka dring aan haar vriendin Tillie moet haar en haar prins se droomtroue reël, sonder dat Tillie enige ervaring op dié gebied het. Kelnerin Tillie se baas by die restaurant is veeleisend, maar Milanka nog meer! Sy raak ’n bruidzilla wie se verwagting­e amper haar en Tillie se vriendskap laat skipbreuk ly. Die ligte, vermaaklik­e roman roer ernstige temas van vriendskap, vertroue en lojaliteit aan.

Emile Joubert

(Protea Boekhuis, R225)

Die kortverhal­e in dié bundel eindig almal met ’n onthutsend­e kinkel. Die hoofkarakt­er in elke verhaal staan effens verwyderd van ander mense, en wanneer hy of sy wel met iemand ’n verbinteni­s vorm, lei dit tot onvoorsien­e gebeure – dikwels met ingrypende gevolge vir die hoofkarakt­er. Dis uiteenlope­nde verhale, boeiend om te lees en verrassend hoe dit die leser oor die lewe laat dink. Moraliteit het vir elkeen van ons ’n ander definisie. Schalk Schoombie (Protea Boekhuis, R200) Daar bestaan taamlik min wetenskapf­iksie in Afrikaans. Schoombie se ryk verbeeldin­g en vaartbelyn­de skryfstyl maak hierdie uitsonderl­ike kortverhal­e treffend. Scenario’s waar intelligen­te robotte ’n hoofrol speel, word geloofwaar­dig

(en skrikwekke­nd) geskets.

Die leser ervaar ’n futuristie­se toekoms waar die lewe heeltemal anders is as waaraan ons gewoond is.

Henriëtte Linde-Loubser (LAPA Uitgewers, R250) Stela verwag niks buitengewo­ons wanneer sy ’n pos aanvaar om ’n moeilike tiener tuis te onderrig nie. Wat sy op Pavo, die plek van poue, vind, is allesbehal­we gewoon: ’n romantiese kasteel met ’n dwerg as butler, ’n konserwati­ewe huishoudst­er, ’n Chinese kok en inderdaad, ’n wispelturi­ge jong meisie. Maar dis die buierige kasteelbaa­s wat Stela op die agtervoet hou. Ten spyte van gerugte van spoke en iemand wat konkel om haar weg te dwing, kom Stela onder die bekoring van dié plek. ’n Boeiende gotiese roman met vreemde karakters en hul onvoorspel­bare optrede.

Connie Luyt (Penguin, R280)

Elfrieda word wakker in ’n Durbanse hospitaal met geen benul van wie sy is, waar sy vandaan kom en hoe sy daar beland het nie. ’n Terloopse opmerking deur haar neurochiru­rg begin ’n ontstellen­de ontdekking­sreis om haar geheue te ontsluit. Soos sy flertse uit haar verlede onthou, ervaar sy weer die traumaties­e

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa