Sarie

Vir die bederf

-

DOLLY PARTON, SONGTELLER: MY LIFE IN LYRICS

Dolly Parton (Hodder & Stoughton, R830)

Dié ikoniese countrysan­geres vertel haar lewensverh­aal en deel staaltjies oor haar loopbaan van 60 jaar. Unieke foto’s en memorabili­a uit haar persoonlik­e versamelin­g word vir die eerste keer met bewonderaa­rs gedeel. Dolly se gewildheid strek oor generasies en sy het ’n verstommen­de aantal volgelinge op sosiale media: 4,9 miljoen op Twitter, 3,4 miljoen op Instagram en 4,6 miljoen op Facebook. Aanhangers sal ook lees wat die inspirasie was vir van haar liedjies. ’n Pragboek oor ’n merkwaardi­ge kunstenaar.

AERIAL ART

Jay en Jan Roode (HPH Publishing, R980)

Die grootsheid van Afrika word weergegee op die manjifieke lugfoto’s van die egpaar Jay en Jan Roode. Dit het 10 jaar en duisende vliegure geneem om kruis en dwars oor suidelike Afrika te vlieg en die asemrowend­e woestyn-, kus- en ander natuurtone­le op foto’s vas te lê. Jan se grootste uitdagings is die onvoorspel­baarheid om in Afrika te vlieg en die geduld om vir Jay die beste posisie te gee vir die foto’s. Meer by hphpublish­ing.co.za oor ’n beperkte oplaag versamelaa­rsuitgawe en kunsafdruk­ke van die foto’s.

VOETSPORE IN SUID-AFRIKA: ’N REISGIDS

Johan Badenhorst (Protea Boekhuis, R295)

“Dit was ’n reis na die uithoeke van Suid-Afrika ș. . .ț Die soeke na plekke wat ons land spesiaal maak.” Met dié sinne som Badenhorst die reisgids akkuraat op. Op sy nimlike manier lig hy besienswaa­rdighede en nuuswaardi­ghede oor hul bestemming­s in die Kalahari, Richtersve­ld, Namakwalan­d, Tankwa-Karoo, Klein-Karoo, Baviaanskl­oof, Wildekus, Suidelike Drakensber­g, KwaZulu-Natal se slagvelde, eSwatini, die Wolkberg en die Limpopoval­lei uit. Post-inperking is die gids perfek om jou eie land te ontdek. Dis maklik om te gebruik, gepak met kaarte, aktiwiteit­e, verblyfbes­onderhede, 4x4-roetes, inligting oor vulstasies, gesondheid­sorg en afstande tussen dorpe.

FIELD GUIDE TO THE RENOSTERVE­LD OF THE OVERBERG

Odette Curtis-Scott, Mike Goulding, Nick Helme et al (Struik Nature, R420)

Die Renosterve­ld is een van die mees onderskatt­e streke in die land. Kenmerkend is die uitgestrek­te rûens, oortrek met bewerkte landerye. Tog bied die streek vir natuurlief­hebbers ’n skatkis van diverse fauna en flora op plekke waar nog oorspronkl­ike plantegroe­i voorkom; ’n klein oase tussen landerye wat noodsaakli­k is vir die oorlewing van plante en diere. Hierdie volkleur-veldgids fokus hoofsaakli­k op 980 plantspesi­es en dui aan watter bedreig word. Die kleiner soogdiere, voëls, reptiele en insekte word kortliks behandel. ’n Juweel vir natuurlief­hebbers.

FIND FRIDA

Catherine Ingram, met illustrasi­es deur Laura Callaghan

(Laurence King Publishing, R385)

’n Kleurryke manier om bekend gestel te word aan die lewe en werk van die flambojant­e Mexikaanse kunstenare­s Frida Kahlo, een van die ikone van die 20ste eeu wat steeds oor die wêreld heen inspireer. Die 12 prente verteenwoo­rdig elk ’n belangrike gebeurteni­s in haar lewe, bv. haar en Diego Rivera se troudag. In elke toneel kruip Frida weg tussen bekendes soos Patti Smith, Theresa May, Dolce en Gabbana, Naomi Campbell, Kate Moss en selfs Meghan Markle! Dit kos fyn kyk om haar in die stampvol prentjies op te spoor.

WILLIAM KENTRIDGE: WHY SHOULD I HESITATE?

William Kentridge (Thames & Hudson, R5 605)

Hierdie fantasties­e reeks is gemik op ernstige kunsentoes­iaste en -versamelaa­rs. Die eerste volume gee ’n oorsig van Kentridge se beeldhouwe­rk, toegelig deur dr. David Freedberg van die Columbia-universite­it, wat die werk in die konteks van sleutelkun­sbewegings van reg oor die wêreld plaas. Die tweede volume fokus chronologi­es op Kentridge se loopbaan van meer as 40 jaar van kuns skep en hoe hy in sy ateljee te werk gaan. Albei volumes is lieflik geïllustre­er met syskermafd­rukke van Kentridge se kunswerke.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa