Sarie

SPESIAAL VIR JOU

Deel die somergees en bederf jouself of ’n geliefde met dít wat mooi is, lekker ruik en feestelik proe. Dié boks vol uitsoekbed­erwe is die perfekte verjaardag- of selfs Valentynsd­ag-geskenk

-

1. Adene’s Farm Flowers se amarant-blomsaad in 4 kleure: Emerald Tassels, Love Lies Bleeding, Hot Biscuits en Autumn Touch. Jy sal twee van dié kleure ontvang. 2. Dié Christmas Candle Wrapper van Elsje Design is die perfekte versiering vir jou Kerstafel hierdie feesseisoe­n. Dit kom in swart, goud en ongekleurd­e karton – jy sal een van die kleure ontvang. 3. Verfrissen­de geure van Turkse lekkers, kaneel en aarbei kan geproe word in Robertson Winery se nie-alkoholies­e Dry Sparkling Pinkwyn. 4. Wees slaggereed vir die vakansie met 3 splinternu­we leesboeke van NBUitgewer­s: Rooiborsla­ksman deur Marinda van Zyl, Donkerdrif deur Deon Meyer en Dik Dun Thick Thin deur Nataniël. 5. MamaMac’s se tuisgemaak­te brosbrood sonder preserveer­middels sorg vir ietsie soets. 6. Gatineau Peeling Expert Pro-Radiance AntiAging Gommage 75 ml verwyder sagkens dooie selletjies op die boonste laag van jou vel vir ’n gladder, egaliger tekstuur. 7. Sothys Detox Energie Depollutin­g Youth Cream 15 ml verbeter jou vel se weerstand teen die omgewing en gee dit daardie hupstoot wat jy nodig het vir ’n stralende gelaat. 8. NUXE BIO Organic Antioxidan­t Serum 5 ml is ’n antioksida­ntryke serum met chiasaad-ekstrak en vitamien C. Dit beskerm jou vel daagliks teen eksterne faktore sodat jou vel langer jonk bly. 9. Diego dalla Palma Micellar Cleansing Milk 50 ml verwyder gesig- en ooggrimeri­ng sagkens, terwyl dit ook jou vel bevog. 10. NUXE Exfoliatin­g Insta-Masque 15 ml met strelende rooswater en makadamia-olie skilfer jou vel liggies af om dit te verhelder.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa