SARIE VOORBLAD GESIG 2021 SARIE NUWE GESIG
Hier’s jou kans! Skryf nóú in
Wat is in ’n syfer, vra jy. Wel, ons SARIE Voorbladgesig-wedstryd is vanjaar 11 jaar oud en ons soek ons 13de* wenner. Ons opwindende SARIE Nuwe Gesig-wedstryd vra ’n
2de wenner. En die eeu het mondig geword: 2021!
Vra jy wat’s in ’n naam, sê ons Nicqie en Jonadrie, ons 2020-wengesigte, en Schané, Emari, Nadia en Yolani, Elmaré en Nicola, Carlize, Monique, Marike,
Tana en Alrie. Almal SARIE-lesers, almal voorbladwenners.
Nou’s dit jóú kans, of ’n vriendin of jou dogter s’n, om ’n SARIE-glansvoorblad te wen. Word een van daardie name – hierdie is twee unieke wedstryde en ’n kans van ’n leeftyd. –MvB
* Twee jaar, 2016 en 2017, het elk twee wenners opgelewer.