Sarie

‘GELUK VRA EINTLIK MIN’

- DEUR MARGUERITE VAN WYK FOTO’S LEANA CR KONSEP EN STILERING FANIE CRONJÉ GRIMERING EN HARE LESLEY WHITBY

Marciel van Boer soek ’n vrou: ‘Geluk vra min’

As plaaskind sou sy hoog in die boomtoppe daarvan droom om model, aktrise en TV-aanbieder te wees. Nou bied Marciel Hopkins Boer soek ’n vrou aan, is eersdaags in die fliek Klein Karoo 2 te sien en is ’n internasio­nale model. Haar kop bruis van nuwe planne

Dit laat my bruis van opwinding dat ons in ’n era leef waar vroue hul ding kan doen

Marciel Hopkins

Kleintyd, hoog in die bome – sy was vreesloos – het sy groot drome gedroom. “Ek het gevisualis­eer hoe ek eendag ’n model, aktrise en TV-aanbieder gaan wees. Maar ek moes geduldig wag. Dit het nie oornag gebeur nie . . .”

Marciel Hopkins, die sesde aanbieder van kykNET se werklikhei­dsreeks Boer soek ’n vrou, nou in die dertiende seisoen, lyk die ene sofistikas­ie in ’n swart denimbroek en bypassende baadjie, roomkleuri­ge T-hemp en wit sneakers . Sy drink ’n energiedra­nkie in ’n koffiewink­el in Kaapstad. Haar lang hare blink, haar vel is vlekkeloos en sy dra ’n smeerseltj­ie pienk lipglans (Dior!) en maskara.

Sy gesels gemaklik en daardie blou oë kyk reguit na jou wanneer sy praat. Op 28 het sy al duidelik lewenserva­ring opgedoen. Sy is immers sedert 2016 een van Suid-Afrika se suksesvols­te internasio­nale plusgroott­e-modelle (sy hou nie van dié benaming nie, sy verkies die woord curvy). In September verlede jaar het sy saam met die rolprentma­ker Tim Theron, een van haar groot mentors, geskiet aan haar eerste vollengter­olprent, Klein Karoo 2. Hierin vertolk sy die rol van ’n plat-op-die-aarde plaasmeisi­e, Chloé. “Sy het my voorberei op Boer soek ’n vrou,” lag sy.

Die afgelope vyf jaar het haar loopbaan met rasse skrede vooruitgeg­aan. Tydens vlak vyf van die grendeltyd het sy selfs aanlyn gewerk en vir veertig vroue pro bono raad gegee. Marciel het honneursgr­ade in sielkunde en drama aan die Universite­it Stellenbos­ch verwerf. So tussendeur haar modelwerk het sy ook deeltyds ’n tweejaardi­ploma in leefstylaf­rigting aan die Strong Foundation in Durbanvill­e voltooi.

“Ek moes in Maart verlede jaar weens die inperking ná slegs een maand se modelwerk in New York terugkeer na Suid-Afrika. Dit was ’n veilige ruimte om saam met my verloofde, Handré șLourensț, en ons twee katte, Korsie en Krummels, in ons huis in Claremont te kon wees, maar ek het die polsende New York vreeslik gemis.”

Tog was dit vir haar bevredigen­d om vroue aanlyn te kon help met raad oor dieet, angs, oefenprogr­amme en hoe om te probeer sin vind in die onseker tye, vertel sy. “Ek kán nie stilsit nie.”

Dit was ook die moeite werd om eers te wag om Boer soek

’n vrou te begin skiet in Junie. Dit het in Januarie vanjaar begin uitsaai. “Die program het my baie oor myself geleer. Om in ’n span saam te werk en om mense te ‘lees’.” Dit was wel uitdagend om nege weke van die huis af weg te wees met die skiet van die rolprent en direk daarna die werklikhei­dsreeks. “Jy leef uit ’n tas. Vir Boer soek ’n vrou het ons van Grabouw tot Nelspruit 5 000 km in totaal afgelê en soms elf uur per dag gery.” Sy moes aanpasbaar wees. Dis immers hoe die bedryf werk.

“Gelukkig is dit nie vir my moeilik om alleen te wees nie. As model oorsee is ek baie onafhankli­k. Ek vlieg sommer vir ’n naweek van Londen na Duitsland. Op die platteland mis jy soms daardie onafhankli­kheid of om net ’n cappuccino te gaan drink.” Maar niks kom by platteland­se gasvryheid nie. Tuisgebakt­e beskuit in gastehuise, moerkoffie uit blikbekers, die boere wat blomme pluk vir die vroue wat op die plase kom kuier . . .

“Ek het besef hoe min jy eintlik nodig het om gelukkig te wees. By die boere het ek die wonder van minimalism­e en aardsheid geleer. Oorsee, as model, bly ek gereeld in vyfsterhot­elle met salm vir ontbyt en vonkelwyn saam met aandete. Ons gastehuise hier is huislik, maar basies. Die boere is onopgesmuk. Daar is soveel betowering daarin opgesluit.”

En ja, die deelnemers het hul hartstorie­s gedeel. Daar was konneksies. “Dalk omdat ek regtig geleer het om te luister. Die geheim is om eg te wees.” Sy meen die grendeltyd het gehelp dat mense meer deel. “Almal was uitgehonge­r om te práát.”

Vooraf het sy na vorige programme van Boer soek ’n vrou gekyk, maar besluit om haar eie ding te doen. “Ek het groot respek vir die vorige aanbieders, maar jy moet net jouself wees. Jy moet op jou voete kan dink . . . dis nie soos toneelspee­l waarvoor jy kan voorberei nie. Dis die uitdaging. Dis lekker.”

Met daardie lang bene het Marciel al groot lewenstreë gegee sedert sy in 2015 aan die Mej. Suid-Afrika-wedstryd deelgeneem het. Sy is aangespoor deur Mishka Patel, ’n vorige Mej. SA-finalis. Marciel sou nie deelneem nie omdat sy altyd gedink het sy is nie maer genoeg nie. Vasbyter wat sy is, het die skoonheid van 1,78 m lank van ’n grootte 14 tot ’n 12 verslank. “Ek het twee keer per dag twee uur lank geoefen en binne vier maande 14 kg verloor.” Koolhidrat­e, suiwel en alkohol was taboe. Sy was obsessief, maar sy hét onder die eerste twaalf finaliste geëindig.

Sy leer uit elke ervaring en gebruik dit as boublok vir haar volgende projek.

Ná die wedstryd was dit nie maklik om weer “normaal” te begin leef nie. ’n Jaar of wat daarna het sy nog af en toe skelm geëet. Sy wou tot elke prys “in beheer” lyk. Dit het kophou

geverg om meer gebalansee­rd te begin oefen.

Maar sy het deurgedruk.

Toe volg ’n lekker nuwe fase. In 2016, toe sy as intern by SARIE gewerk het – haar “Devil Wears Prada-tydperk”, spot sy – het sy oneindig baie geput uit “almal wat hul wysheid so vrygewig gedeel het”.

Deesdae skryf sy graag vir Die Student, waar SuidAfrika­anse studente en jongmense hul gedagtes op

Netwerk24 kan deel.

Kwessies soos body shaming (liggaamsbe­skaming) maak haar boos. Sy skryf baie hieroor op dié platform en ook op Instagram, waar sy byna 65 000 volgelinge het. “Vroue kan net nie wen nie. Aanvanklik is ek as plusgroott­emodel bestempel. Ek verkies die benaming curvy șgerondeț model. As ’n grootte 14-model het ek nie aan die ‘normale’ standaarde van die grootte 8-model voldoen nie. Intussen het die plusgroott­e-mark na ’n grootte 16 geskuif. Nou pas ek ook nie in daardie mark nie. Ek het self weer gewig verloor. Ek is nou in ’n ‘tussenin’-kategorie.”

Gelukkig werk sy steeds baie, veral vir Duitse kataloguss­e en in advertensi­es. “Maar vir elke tien onderhoude waarheen jy gaan, keur nege mense jou af. Jou selfbeeld moet sterk wees. Verwerping is nooit lekker nie.” Sy wonder hoekom mense etikette moet kry. “Vet, maer, gerond, plusgroott­e . . .”

Haar motivering­spraatjies fokus op selfaanvaa­rding.

“Dit begin dikwels in die ouerhuis. Ma’s wat nie ’n goeie verhouding met hul lyf het nie, se dogters sukkel dikwels ook.”

Marciel luister nou na haar lyf en eet wanneer sy honger is. Sy oefen nie om maer te word nie, maar om goed te voel. “Die goedvoelho­rmone wat vrygestel word wanneer jy oefen, is wonderlik.”

Sy het haar vyf jaar laas geweeg. Sy glo ook nie daaraan om te dieet nie. Soms eet sy pizza of wortelkoek en drink graag van haar pa, Charles, bekroonde wynmaker van die landgoed De Grendel in Plattekloo­f, se Méthode Cap Classique. “Ek vertel vir vroue hulle moet aanvaar dat ’n mens se liggaam die res van jou lewe gaan verander en jy moet dit omarm. Hoekom wil jy op 40 weer in jou trourok pas en lyk soos 25?”

Sy is ’n passievoll­e feminis en glo aan gelyke regte en betaling. Op hoërskool was sy ’n leier aan Paarl Gimnasium en op Stellenbos­ch primaria van die vrouekoshu­is Huis ten Bosch, maar vertel sy het dikwels gevoel vroueleier­s word as ’n bedreiging beskou. “Hoekom?” Sy glo sterk vroue moet gevier word. “Dit laat my bruis van opwinding dat ons in

’n era leef waar vroue hul ding kan doen.”

Ek verluister my aan haar mooi Afrikaans. Nog iets waaroor sy sterk voel. Sy lag en verklap dat sy voor die

Mej. SA-wedstryd iemand betaal het vir Engelse lesse, wat later baie sou help met haar modelwerk. “Ek het gedink ek het ’n agterstand, hoewel die meeste van my universite­itsklasse in Engels aangebied is.”

Afrikaans is die taal van haar kop, siel en hart. “En ek het dit nou weer met Boer soek ’n vrou en Klein Karoo 2 besef. Ek kan myself so lekker in my eie taal uitdruk. As ek Engels praat, moet ek altyd so half diplomatie­s wees.”

Sy lees al wat ’n Afrikaanse koerant en tydskrif is op haar foon. Die musiek van Elandré en Spoegwolf tel onder haar en Handré se gunsteling­e. “Oe, ek is stout vir sokkie. Vas dans.” Soos op die sanger Theuns Jordaan se “Soos Bloed”.

Ek sien hulle al so dans, die goue paartjie vir wie alles reg loop. Perfek.

Sy lag. Nee, keer sy, daar kom dae, soos tydens die grendeltyd, wat sy soms hard met haarself moet praat.

En sukses het nie vanself gekom nie. Sy het in 2011 ingeskryf vir SARIE Voorbladge­sig en dit nie gemaak nie. In 2016, toe sy by SARIE gewerk het, is sy weer aangemoedi­g om in te skryf, maar het gedink, gee kans, gee kans, dalk loop die lewe sy pad . . . “Dit het amper tien jaar geduur, maar watter voorreg om nou op die voorblad te wees.”

Die filmrol het ook nie oornag gekom nie. “Maar ek was voorbereid. Twee jaar gelede, terwyl ek modelwerk gedoen het, het ek weer dramalesse by Robyn Scott begin neem. Daar was nog geen rol in die vooruitsig nie. Toe duik die oudisie vir Klein Karoo 2 op. Jy moet altyd gereed wees vir geleenthed­e wat dalk oor jou pad kan kom. Ek wil nooit kanse deur my vingers laat glip nie.”

Haar grootste vrees is om middelmati­g te wees. Om eendag as sy oud is terug te kyk op haar lewe en te besef sy het nie haar geleenthed­e aangegryp nie.

Binnekort wink ’n internasio­nale toneelspee­lprojek waaroor sy nog niks mag sê nie en haar tweede Boer soek ’n vrou-reeks is in die vooruitsig. En sy beding klaar weer modelkontr­akte – ook internasio­naal.

Dis duidelik: Marciel is steeds nie bang om die hoogste bome uit te klouter nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa