Sarie

Dagdromer Elani kyk nou anderste na bome

Soos Dalene Matthee se karakter Karoliena Kapp het aktrise Elani Dekker eens in haar eie kop geleef. ’n Eenkantkin­d wat stories uitgedink het en vir ure prentjies kon teken. Maar sy sou nooit kon droom dat hul paaie jare later sou kruis nie: in die rolpre

- Links is van Elani se waterverfs­kilderye. DEUR LIANI JANSEN VAN RENSBURG FOTO’S MANDY STANDER

Jy kan teruggaan in tyd en vir een kunstenaar sê, ‘jy is genoeg’. Wie sou dit wees?

Ingrid Jonker. Ek sou vir haar ’n bietjie meer leeftyd wou gee, sodat ek kon sien watter mooi nog uit haar sou kom. Sy het soveel gehad wat sy nog kon gee. En is dit nie ook die boodskap wat ons soms self moet hoor nie? Jy is genoeg. Jy dink dalk jy maak geen verskil of impak nie. Jy is doelloos. Maar kom ons kyk net . . . jy weet nie watter mooi nog uit jou gaan borrel nie.

Karoliena Kapp kon nooit die Knysnabos van haar lyf en siel afskud nie. Watter impak het die bos op jou gehad? Kom spook Toorbos dalk nog by jou?

Spook? Nee. Maar die impak van die rolprent is blywend. Sien, ek kyk nou anderste na bome: Ek het ’n diep liefde vir hulle ontwikkel. Ek hou daarvan om aan die bas te vat. Ook om te sien hoe elke boom anders lyk, nie een groei dieselfde nie. Dis net ongeloofli­k! Danksy Toorbos waardeer ek die natuur nou meer. As ek kon, sou ek ook soos sy in die bos gebly het.

Wat het jy uit die rol geleer?

Om vir myself op te staan, my eie stem te laat hoor. Jy mág! Ek is outoritêr grootgemaa­k . . . om ander mense altyd hoër te ag, hul opinies en gedagtes is belangrike­r as myne . . . Karoliena het my geleer ek mag in iets glo, ek mag na myself luister. Al kom ek ná ’n week agter dit was verkeerd, of ek groei en besef dit was toe eintlik nie die beste besluit nie. Maar om op daardie oomblik vir myself op te staan is noodsaakli­k.

Het jy nog hoop vir Suid-Afrika en sien jy kans om in jou geboortela­nd te bly?

Ja. Ek weet ek’s baie positief en idealistie­s. Maar dis vir my silly om heeltyd groener weivelde elders te loop soek. Ek sal eerder hier bly en my grasperk water gee. Elke land het sy probleme, géén land se gras is regtig groener nie. Ons land, ons Suid-Afrikaners is mooi! Daar is nog soveel goedheid hier.

Plekke wat elke Suid-Afrikaner volgens jou behoort te sien . . .

Die wildtuin en die bosveld. Om te gaan kamp, rondom ’n vuur te sit en braaibrood­jies te eet, dís heilige tye. Ek is ook mal oor die kleiner kusdorpies. En dan plekke soos Buffelsbaa­i, Wildernis, Prins Albert, Clarens en Dullstroom. Suid-Afrika bied net eindelose avonture!

Hoe verseker jy dat jy geestelik sterk bly, veral in ’n bedryf wat so onvoorspel­baar is en nou ook ná ’n moeilike 2020?

< Ons almal DIY dit nog ’n bietjie . . . niemand het al werklik die antwoord op hierdie vraag nie. Een ding wat ek wel in hierdie tyd besef het: Al jou vrese, al die dinge wat jou onseker laat voel, gaan nie beter gedink word nie. Daar is ’n plek vir planne maak, doelwitte stel. Maar om daaraan vas te hou, dit as jou verlossing te beskou en te dink dat plan A, B of C al jou probleme gaan oplos, maak dit dikwels erger. Jy moet net ’n bietjie stil word, asemhaal en doen wat nou voor jou is. Die hier en nou. As jy vandag daaraan gaan bestee om te fokus op wat jy als môre wil bereik, gaan môre altyd ’n teleurstel­ling wees en vandag is verlore. Stilte . . . dit verander jou perspektie­f. Ek moes leer om stiller te word in my kop. Dis een van die tools waarop ek kan staatmaak. Een minuut se stilte en asemhaling verrig wondere vir my.

Watter rolprent het jy as kind gekyk wat ’n blywende impak op jou lewe gehad het?

Regardt van den Bergh se Die ongeloofli­ke avonture van Hanna Hoekom (2010). Ek het die DVD as geskenk gekry vir my een verjaardag. Die storie, die karakters, die genre . . . álles was net so mooi. Nou die dag het ek Anneke Weidemann șwat die titelrol vertolk hetț ontmoet. Ek was starstruck. Totaal en al ge-fangirl.

En daar is Toorbos Suid-Afrika se amptelike Oscar-inskrywing.

Ek knyp myself steeds, dit voel onwerklik. Dis ’n groot voorreg, al is ons toe nie benoem nie – die mense van ons land het gedink dís die rolprent wat ons moet verteenwoo­rdig. En om dit te hoor, in ’n onsekere tyd soos nou, is besonders.

Toorbos, die hele wêreld van Toorbos , is ’n plek waar jy ’n bietjie wysheid, vrede en stilte kan kry. Dis vir my wonderlik dat dit nog meer kykers bereik, sodat hulle ook in die mooi van hierdie storie kan deel.

Jy is nie net ’n aktrise nie, maar ook ’n kunstenaar wat in waterverf spesialise­er. Hoekom juis hierdie medium kies?

Ek was nog altyd lief vir kuns en het as kind geverf en geteken. Maar tydens die grendeltyd het ek vir die eerste keer die verfkwas opgetel om te cope en veilig te voel. Dit was die ding wat my ’n bietjie sanity gegee het. My eie stukkie empowermen­t. Dit laat my meer in beheer voel van my lewe en werk. Ek kan steeds bydra en vir mense iets moois gee. Ek hoef nie te wag vir ’n oudisie om dit te doen nie.

Jy kan na enige era terugkeer en daar gaan leef vir ’n paar jaar. Watter een sou dit wees en hoekom?

Die Great Gatsby-era van die 1920’s. Daar was elegansie, maar ook ’n stukkie rebelsheid. Alles was ’n okkasie . . .

Wat is die drie goed wat aanhangers nie van jou weet nie?

Ek het die kuns van gesigverf bemeester. Onlangs het ek tennis gespeel en dit eintlik geniet. En ek het ’n besonderse liefde vir skoenlappe­rs, ons kan soveel by hulle leer.

* Weens die pandemie vind die Oscars vanjaar eers op 25 April plaas. Met druktyd het Toorbos nie die top-15kortlys van benoemings gehaal nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Elani Dekker
Elani Dekker
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa