Sarie

Natasha Joubert: Mej. Heelal-kroon in haar visier

- – Suanné Mulder

“Ek gaan Mej. Heelal toe, dis méér as my jaar!”

Natasha Joubert, wat in Oktober by die Mej. Suid-Afrika-wedstryd as tweede prinses gekroon is, berei haar tans voor om later vanjaar haar plek op die internasio­nale verhoog in te neem. “Ek floreer met alles wat die proses behels.” Volgens haar wil sy graag wys dat sy hardwerken­d, doelgerig en passievol is en bo haar omstandigh­ede kon uitstyg.

“Die uitdagings wat jou laat wonder ‘hoekom ek’, is wat jou motiveer en sterker maak,” sê sy. As tiener het haar pa sy werk verloor en moes die gesin afstand doen van die huis waarin sy grootgewor­d het. Saam met haar pa se ontydige dood daarna was dít ’n draaipunt in haar lewe.

“Ek het modelwerk begin doen om myself finansieel te ondersteun, moontlikhe­de te ontsluit en myself vorentoe te posisionee­r. Reeds van ’n jong ouderdom af het ek geleer hoe om planne te maak.”

Natalia Jefferys, haar ontwerpers­ondernemin­g, het sy net ses maande ná skool begin. “Dis regtig hoe ek myself kon opbou en ’n toekoms kon laat realiseer.” Daarom lê entreprene­urskap haar na aan die hart. “My ambisie in die lewe moet aansteekli­k vir ander wees.”

 ?? FOTO
GARRETH BARCLAY ??
FOTO GARRETH BARCLAY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa