Sarie

Kuberkuier: Kazakhstan

In Kazakhstan is die mense onverstaan­baar, hulle praat hoofsaakli­k Kazakh en Russies, en temperatur­e wissel van 46 0C tot -46 0C. Tog het die land Christa van Staden en haar man so bekoor dat hulle die sprong gewaag het om daar te leef en werk

- DEUR LIESEL PIENAAR Vertel ons daarvan! Stuur e-pos na pieter.hugo@sarie.com

Hoekom Kazakhstan?

Goeie vraag. Toe my man, Martiens, in Januarie 2019 die werksaanbo­d gekry het, het ons nie eens geweet waar Kazakhstan is nie. Hoe meer ek opgelees het, hoe minder wou ek kom. Die temperatuu­r wissel tussen 46 ⁰C en -46 ⁰C. In Öskemen (Kazakh) of Ust’Kamenogors­k (Russies), die stad waar ons sou gaan woon, was dit -38 ⁰C toe ons gekyk het. Manlief was opgewonde, ek prakties. Ons moes kom toets of ons in temperatur­e twee keer laer as dié van ’n vrieskas kan oorleef. Die kwik het einde Januarie tot -38 ⁰C gedaal en ons het nie in yspilare verander nie. Ons kinders het die groen lig gegee, die wit sprokieswê­reld het my gelok en ons het die Wes-Rand gegroet.

Ons het in Junie 2020 na Almaty, die vorige hoofstad, verhuis. Die huidige hoofstad is Nur-Sultan (voorheen Astana). Almaty is 1 000 km suid van ons vorige tuiste, ’n eeu jonger, modern en net so skoon soos die 300 jaar oue Öskemen. Dit is die grootste stad in Kazakhstan en die kulturele bakermat.

Werk jy ook daar?

Ek is ’n navorsings­genoot van die Universite­it van die Vrystaat en fokus op die gebruik van tegnologie om onderrig en leer te bevorder. Ek tree ook as eweknie-evalueerde­r vir nasionale en internasio­nale vaktydskri­fte op. Dus kon ek maklik oppak en saamgaan.

Ek blog ook op christavan­staden.com en het so deel geword van ’n groep bloggers, “Die Goue Vroue”, wat saam vervolgver­hale skryf.

Hoeveel nasionalit­eite is daar?

Die bevolking bestaan hoofsaakli­k uit Kazakhs (67,5%) en Russe (19,8%) met twee amptelike tale, Kazakh en Russies. Engels is ’n vreemde verskynsel. Ons praat sommer Afrikaans, wat nogal baie raakpunte met Russies het. Inkopies was aanvanklik ’n nagmerrie met die vreemde etikette, maar ons is nou al gekonfyt.

In Öskemen was uiteet ’n jaar later steeds uitdagend. Ons maak op ons vertaal-apps staat om seker te maak dat ons nie perdevleis inkry nie. Baie van die restaurant­e in Almaty het Engelse spyskaarte, dus voel ons bederf.

Vertel oor die wilde perde.

Tot onlangs is geglo dat die Przewalski’s in Kazakhstan die enigste wilde perde is wat in die natuur oorleef het. Hierdie perde is in 1969 as uitgesterf verklaar, maar daar is sowat 2 000 oor. Nuwe navorsing toon egter dat die Przewalski’s afstammeli­nge is van die makgemaakt­e Botais wat 5 500 jaar gelede as voedsel en ryperde in die noordelike dele gedien het. Tans word aanvaar dat die Przewalski’s Botais is wat ontsnap het om in die natuur te gaan oorleef.

Kom appels oorspronkl­ik van Kazakhstan?

Navorsing toon dat alle appels op aarde teruggespe­ur kan word na die wilde appelbome wat in die Alatauberg­e rondom Almaty groei. Almaty se Russiese naam (Alma-Ata) beteken “vader van appels” en die Kazakh-naam (Almaty) beteken “appelagtig”. Albei verwys dus na die appels in die berge om Almaty. Appels, soos ons dit ken, is egter verlangse afstammeli­nge hiervan omdat variëteite gekweek word om aan spesifieke smaakverei­stes te voldoen. >

 ??  ??
 ??  ?? Christa en Martiens van Staden
Christa en Martiens van Staden
 ??  ?? HOOFFOTO Wilde perde op die vlaktes van Almaty. 1 Die Nur Tauski-oord naby Ust’-Kamenogors­k.
2 Wandellaan langs die Irtishrivi­er in Öskemen. 3 Monument bo-op die Hollywood-agtige Kazakhstan-koppie by Öskemen. Die vlag kan kilometers ver gesien word. 4 By die Alakolmeer naby Almaty, een van vele in die land. 5 Lugfoto van Almaty met die Alatau-berge op die agtergrond. 6 Sonsonderg­ang oor die Charyn-canyon. 7 Uitkykpunt by die rivier wat Kazakhstan (links) en China (regs) skei.
HOOFFOTO Wilde perde op die vlaktes van Almaty. 1 Die Nur Tauski-oord naby Ust’-Kamenogors­k. 2 Wandellaan langs die Irtishrivi­er in Öskemen. 3 Monument bo-op die Hollywood-agtige Kazakhstan-koppie by Öskemen. Die vlag kan kilometers ver gesien word. 4 By die Alakolmeer naby Almaty, een van vele in die land. 5 Lugfoto van Almaty met die Alatau-berge op die agtergrond. 6 Sonsonderg­ang oor die Charyn-canyon. 7 Uitkykpunt by die rivier wat Kazakhstan (links) en China (regs) skei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa