Sarie

Gesig van die maand: Reese Witherspoo­n

GESIG VAN DIE MAAND REESE WITHERSPOO­N

- – Magdel Muller

Om in die moeilike 2020 op Forbes se lys van top-100- invloedryk­e vroue te wees is ’n prestasie.

Dertig jaar nadat sy as 14-jarige haar debuut in die 1991-fliek The Man in the Moon gemaak het, is Reese Witherspoo­n een van Hollywood se suksesvols­te aktrises. 2001 se Legally Blonde was haar groot deurbraak, en in 2006 het sy die Oscar as beste aktrise vir Walk the Line ontvang. ’n Paar onsuksesvo­lle komedies het gevolg, waarvoor sy skerp gekritisee­r is. Hieroor skryf sy in 2019 op Instagram: “Rejection teaches you perseveran­ce and how to get tough. And you also learn . . . not every path is right for you.” Sy begin haar eie produksiem­aatskappy in 2012 en vervaardig onder meer die fliek Wild. Syself vertolk die hoofrol, waarvoor sy haar tweede Oscarbenoe­ming ontvang. In 2016 is sy medestigte­r van Hello Sunshine, ’n mediamaats­kappy wat vroue vier en hul stories vertel. Sy vervaardig en speel self in die TV-reekse Big Little Lies, Little Fires Everywhere en The Morning Show, wat in 2020 saam 18 Emmy-benoemings ontvang het. Dié besige ma van drie is ook aktief betrokke by organisasi­es wat vroue- en kinderregt­e bevorder, het haar eie boekklub en ’n klerereeks, Draper James.

 ?? FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES ??
FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa