Sarie

80 Kollig op aanvulling­s

Dis ’n gonswoord op die lippe van elkeen wat op soek is na ’n plomper, gesonder vel. As jy nuuskierig is oor die wêreld van skoonheids­aanvulling­s, hier’s wat jy moet weet

-

Die afgelope jaar was daar ’n ontploffin­g van nuwe skoonheids­aanvulling­s, hetsy in pilvorm of as drankie, wat beloof om jou vel van binne af ’n hupstoot te gee. Plaaslik is bekendes soos aktrise Simoné Pretorius, TV-aanbieder Therese Benade en voormalige Mej. SA en sakevrou Cindy Nell-Roberts aanhangers en drink dit graag in hul koffie, tee, vrugteskom­mels of net so. In die skoonheids­wêreld staan die produkte bekend as “nutricosme­tics”: gewoonlik ’n suiwer kollageena­anvulling of kollageen wat met ’n mengsel van ander bestanddel­e, soos vitamiene en minerale, antioksida­nte en selfs probiotika, geformulee­r is.

Die groei in gewildheid van dié produkte word toegeskryf aan die wêreldwye tendens om ’n meer holistiese benadering tot gesondheid te volg, sê dr. Marisa Heyns, estetiese dokter by die praktyk Dr Nerina Wilkinson Ă Associates in Kaapstad. En dit maak sin, meen Stella Ciolli, kreatiewe direkteur van SKOON., want hoekom net belê in ’n goeie velsorgroe­tine wanneer jy ook op ’n dieper sellulêre vlak jou vel se funksioner­ing kan ondersteun? Dié plaaslike velsorghui­s het einde verlede jaar

’n reeks skoonheids­aanvulling­s in poeiervorm bekend gestel as ’n alles-in-een alternatie­f vir die verskeie gesondheid­saanvullin­gs wat ons op ’n daaglikse basis neem. “Vroue se lewe is besig en ons wou ’n produk skep wat maklik by jou roetine inpas en eerstens jou mikrobioom en die regulering van hormone ondersteun, en tweedens spesifieke aktiewe bestanddel­e bevat wat verskillen­de veltoestan­de, soos sensitiwit­eit, verminderd­e elastisite­it en knoppies, teiken.”

Nog so ’n aanvulling, Dear Body, berus op dieselfde beginsel. Volgens dr. Liezl Bloem, navorser en een van drie vroue wat saamgewerk het om die Dear Body

Skin Ă Gut Powder te skep, het hulle gevoel daar is nie ’n produk op die mark wat op ’n dieper vlak in jou vel se behoeftes voorsien nie. “Ons wou nie net die vel se kollageen aanvul nie, maar ook kwessies soos chroniese inflammasi­e verbeter en ’n gesonde spysverter­ingstelsel bevorder, wat alles op die ou end lei tot ’n gesonder vel.”

Ek drink sink vir gesonde hare, vel en naels, én dit is ’n wonderlike aanvulling om jou immuunstel­sel te versterk teen virusse

Marciel Hopkins, aanbieder van Boer soek ’n vrou, nou te sien op kykNET (bl. 18)

 ??  ?? Drink aanvulling­s in poeiervorm net so opgelos in water of in ’n vrugteskom­mel. Jy kan dit ook by jou jogurt en muesli inmeng
Drink aanvulling­s in poeiervorm net so opgelos in water of in ’n vrugteskom­mel. Jy kan dit ook by jou jogurt en muesli inmeng
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa