Sarie

84 Lyk jonger met die régte wenkbroue

Seisoen ná seisoen bly wenkbroue in die kollig. Nou nog meer as tevore. Só kry jy die vorm en tekstuur van hierdie belangrike raam vir jou gesig reg

- DEUR SUANNÉ MULDER FOTO LEANA CR MODEL MARCIEL HOPKINS

Wenkbroue speel ’n belangrike rol in eerste indrukke. Dikwels kry ons dit reg . . . of baie verkeerd. Daar is ’n fyn lyn tussen wenkbroue wat yl en onversorg lyk, en donker, oordadige wenkbroue wat jou gesig oorweldig. “Goedversor­gde wenkbroue raam jou gesig en kan jou jonger laat lyk. Die regte wenkbrouvo­rm met ’n boog wat geleidelik oploop, trek jou oë oop,” sê Suna Robberts, grimeerkun­stenaar en modestilis van Johannesbu­rg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa