Vredesduif EN GAGA
Joe Biden se inhuldiging as Amerika as 46ste president was uniek, te midde van die pandemie en ongekende sekuriteit in Washington. Vele onthou-oomblikke was daar wel, een daarvan Lady Gaga wat die Amerikaanse volkslied sing. Die wêreld was gaga oor haar ensemble – ’n bostuk van donkerblou kasjmier en ’n rooi syvolromp. Maar dit was die groot goudkleurige vredesduif wat die internet laat gons het. Self het sy gesê: “’n Duif met ’n olyftakkie. Mag ons almal vrede met mekaar maak.”