Sarie

Tuiskokke! RAAK SLIMMER MET SARIE

-

Jy het al sy resepte in SARIE en SARIE KOS bewonder en hom op TV gesien, nou kry jy die kans om deur Herman Lensing en ’n handvol kenners touwys gemaak te word. Skryf nou in vir SLIMMER MET SARIE se aanlyn kookkursus

SLIMMER MET SARIE is ’n splinternu­we aanlyn projek wat elke entoesias die kans gee om meer te leer oor hul stokperdji­e of die geleenthei­d gee om nuwe vaardighed­e baas te raak. In ons eerste kursus rus Herman Lensing, kosredakte­ur van SARIE en SARIE KOS, en ’n paar ander kenners jou toe met 13 onontbeerl­ike tegnieke.

Herman gaan jou moeilike sjeftegnie­ke leer sodat jy dit in jou huiskombui­s kan oefen. Hierdie is nie ’n gewone kosdemonst­rasie nie; hierdie is die beginsels van kook en bak. Dit is die grondslagt­egnieke waarsonder geen sjef in die kombuis sal regkom nie.

Die kursus sluit alles in wat jy nodig het: die resepte, wenke, raad en tegnieke om van jou ’n sjef te maak. Jy voorsien jou eie bestanddel­e.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa