Sarie

5-STERVERBLY­F vir bye

-

Maak vanjaar plek in jou tuin vir ’n byehotel – daar is sowat 1 300 spesies in Suid-Afrika wat nie in swerms broei of woon nie, wat ’n veilige plekkie soek.

Dié Candide Solitary Bee Hotel is deel van die #PolliNatio­nSAveldtog om mense bewus te maak van hoe belangrik bye is.

Hierdie bye leef op hul eie, maar tog nie ver van mekaar nie. Sommige broei in gate in riete en stompe, en só ’n “hotel” – met verskillen­de groottes gate, maak hul kans op oorlewing groter. Die wyfie lê eiers, stoor kos vir die kroos en verseël die ingang voor sy wegvlieg. candide.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa