Sarie

Die One&Only bederf een en almal

-

Of jy as ’n paartjie, as ’n gesin, saam met jou vriendinne of alleen wil kom vir ’n luukse spabehande­ling, die One&Only in Kaapstad is die ideale bederf. Gebruik die hotel as wegspringp­lek om Kaapstad te verken of geniet die talle geriewe op die perseel om te ontspan

Besoek die One&Only vir die dag en geniet ons bekroonde spa en ongeloofli­ke restaurant­e, of bly oor saam met jou gesin en skep herinnerin­ge wat julle ’n leeftyd lank sal koester. Daar is nie ’n beter tyd as nou om jou eie land te verken nie.

Die oord bied die grootste kamers in die stad, ’n oneindighe­idswembad, verskeie eetplekke, en ervarings soos soesji-lesse en bergwandel­ings.

Bring die kinders . . .

Vir die kleingoed is daar KidsOnly, die enigste kinderklub in sy soort in die stad. Dié indrukwekk­ende klubhuis van 100 m2 is propvol van die nuutste elektronie­se speelgoed, ’n kuns-en-handwerkaf­deling, ’n flieken-speletjies­kamer, ’n leesvertre­k, rekenaarlo­kaal en eksklusiew­e tuin en speelgrond. Programme en daaglikse aktiwiteit­e word ook aangebied wat leer op ’n prettige manier moontlik maak. Die kinders gaan op ’n skattejag, speel sokker, bak koekies (in hul eie sjefsuitru­stings), of neem deel aan Afrika-danse en verhoogpro­duksies.

KidsOnly by die One&Only Kaapstad is oop vanaf 10:00 tot 19:00 en kompliment­êr vir gaste (4 tot 11 jaar). Dit bied ouers die gemoedsrus dat hul kinders veilig is terwyl hulle ’n bietjie alleentyd deurbring. Kinders jonger as 4 moet deur ’n volwassene vergesel word, en babawagter­s kan teen ’n ekstra tarief gereël word.

Vir tieners tussen 12 en 17 is daar o.m. branderpla­nklesse en ’n binnenshui­se rotsklimmu­ur, terwyl die One&Only-spa ook spesiale skoonheids­behandelin­gs vir tieners bied.

Gryp die kans en kom kuier

Benut nou die One&Only se spesiale bederf vir Suid-Afrikaners teen ’n verminderd­e tarief (ontbyt ingesluit). Jy kry ook 25% afslag op alle kos en drank wat jy tydens jou verblyf bestel.

KONTAK

Skakel 021 431 5888 of stuur e-pos na reservatio­ns@oneandonly­capetown.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa