Sarie

DIE KRAG VAN DIE HART

-

So het ons “perfekte” familie ook ’n bakleiery agter die rug. Asof 2020 nog nie genoeg drama opgelewer het nie. Daar was glurende oë, dun lippies, stywe nekkies en natuurlik swaaiende wysvingers. Dit oor vroumense se kosbaarste besitting: hul kinders.

Almal was in trane, eers dae later het ons weggestap met harte vol liefde. Maar dit daar gelaat. Ek reflekteer oor alles wat gebeur het en kom tot die besef dat die hart ’n ongeloofli­k komplekse orgaan is. Maar belangrike­r nog, dat dit definitief die uitvoerend­e hoof van ons liggaam is. My hart was bitter en kwaad. My kop was logies en het die feite mooi uitgepak. Ek het geweet wat om te doen. Ek het geweet een woordjie, “jammer”, gaan alles regmaak, maar my hart het eenvoudig gaan vassteek soos ’n cool tiener voor ’n springkast­eel. Die uitvoerend­e hoof het “gepraat” en daarom sal my mond niks sê nie.

Eers ná ure se gesprek met my Hemelse Vader het die Heilige Gees weer kom intrek. My yskoue hart kom warm en (belangrik) sag maak. Vir my sielskos gebring om my te laat besef ek mag maar die minste wees. Dis oukei, jy is steeds belangrik en waardig, al staan jy terug.

Vandag is ek dankbaar vir my God, vir my familie, my skoonsussi­e en my stout kinders. Vir hulle is ek almal lief om die maan.

Anoniem, Kaap

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa