Sarie

DR. LOUISE VAN RHYN

-

Uitvoerend­e hoof en stigter van Symphonia Leadership Developmen­t Die toekoms is in jou hande. Gryp elke geleenthei­d aan om ’n positiewe bydrae te maak. Droom groot drome vir jouself en jou land en doen dan wat jy kan om dit waar te maak. Hou jou oë op wat moontlik is, eerder as om energie te verspil met negatiewe praatjies. Die wêreld het optimistie­se leiers nodig. Wees so ’n leier – by jou skool, universite­it, in jou huisgesin, gemeenskap en by die werk.

Moenie wag vir ander of vir ’n “posisie” nie – besluit dat jy ’n leier is wat ’n verskil gaan maak en wees dan daardie leier. Met elke gesprek waaraan jy deelneem, kan jy ’n verskil maak oor hoe mense dink en optree. Maak die meeste daarvan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa