Sarie

LOUW VENTER

-

Akteur, skrywer en regisseur

As mense is ons tot baie in staat op intellektu­ele vlak, maar ons het nog hope groei nodig as dit by empatie kom. Wees nuuskierig oor diegene wat anders as jy is. Plaas jouself in ander se skoene: Jy het waarskynli­k meer gemeen met jou “vyand” as wat jy jou verbeel. Met vergifnis kom verligting. Maar vergewe jouself ook. As jy soos ek is, neig jy om soms harder op jouself te wees as op enigiemand anders, en dit maak jou minder vriendelik en toegeeflik. As jou naaste die beste van jou kan kry, verdien jy dit tog sekerlik self ook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa