Sarie

RENÉE RAUTENBACH CONRADIE

-

Skrywer van Met die Vierkleur in Parys (Protea Boekhuis)

Die pendulum sal altyd in mindere en meerdere mate tussen ekstase en wanhoop swaai. Aan die wêreld se kollektiew­e trauma van 2020 kan jy nie veel doen nie, maar jy kán ’n verskil in jou hoekie van die heelal maak.

’n Positiewe, gemaklike uitkyk en ’n stewige humorsin kring wyd uit en raak elke mens, dier en plant om jou. My 100-jarige ma wat altyd by die venster uitkyk en oor die mooi buitekant praat, is my voorbeeld.

Die aanhaling wat ek altoos ophaal, is van G.K. Chesterton: Angels can

fly because they take themselves lightly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa