Sarie

MARTELIZE BRINK

-

RSG-omroeper en -regisseur

Die lewe het ’n manier om jou tot orde te roep. Net wanneer jy dink jou lewe is mooi op dreef met jou in die bestuursit­plek, word jy aarde toe gebring. As mensdom is ons arrogant om te dink ons het beheer oor ons toekoms. My ervaring van die lewe is dat dinge baie vinnig verander en jou stroop van beheer en trots. Indien jy nie vir daardie veranderin­g gereed is of die vaardighed­e het om dit te hanteer nie, lê baie swaarkry voor. Dit beteken nie dat jy altyd in vegof-vlug-modus moet leef nie. My pa se gesondheid was van jongs af op ’n spantou gebalansee­r en dus het hy soveel moontlik uit sy lewe probeer put. Haal diep asem, geniet die lewe, beheer wat jy kan en wees altyd gereed vir veranderin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa