Sarie

VAL VAN DIE ROMEINSE RYK

-

Dis die einde van een van die mensdom se grootste en magtigste wêreldryke. Rome het die grootste deel van Europa beheer, asook Wes-Asië, die vlaktes van Noord-Afrika en die vrugbare Nylvallei. Handel, kuns en kultuur het in baie van hierdie gebiede ’n eerste bloeitydpe­rk beleef en die lewensgeha­lte, vlakke van geletterdh­eid en bevolkings­yfers was eeue lank ongeëwenaa­r in Europa. Baie faktore het tot die groot val bygedra, met ekonomiese probleme waarskynli­k die beduidends­te. Die Romeinse Ryk is in 395 n.C. in ’n oostelike en westelike deel verdeel. Die Wes-Romeinse Ryk is verlam deur ekonomiese ellendes soos hoë inflasie, hoë belasting en ’n verlies aan handel. Rome se val het die einde van die antieke wêreld en begin van die Donker Middeleeue ingelui, só genoem omdat dinge op kulturele en artistieke gebied morsdood was. Die grootste deel van Europa het in barbaarshe­id verval. (Interessan­t, die oostelike deel, die Bisantynse of OosRomeins­e Ryk, sou nog 1 000 jaar daarna staande bly.)

 ??  ?? REGS ’n Beeld op die Piazza del Popolo, Rome, uit die neo-klassieke era (18de-19de eeu), ’n beweging wat wou terugkeer na die eenvoud en simmetrie van die antieke Grieke en Romeine.
REGS ’n Beeld op die Piazza del Popolo, Rome, uit die neo-klassieke era (18de-19de eeu), ’n beweging wat wou terugkeer na die eenvoud en simmetrie van die antieke Grieke en Romeine.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa