Sarie

DIE HERVORMING

-

Die Duitser Martin Luther spyker op 31 Oktober 1517 sy 95 stellinge teen Wittenberg se kerkdeur vas: Hy bevraagtek­en die Katolieke Kerk se oppergesag en gebruike. Wat begin as ’n godsdienss­tryd, versprei vinnig deur Wes- en Sentraal-Europa as ’n anti-feodale beweging. Uiteindeli­k lei die Hervorming tot demokrasie, kapitalism­e, burgerregt­e en ander moderne waardes. Die vervolging van die Protestant­se Franse Hugenote veroorsaak in 1688-1689 ’n grootskaal­se emigrasie na onder meer die Kaap van Goeie Hoop. Ons word aan die Hugenote herinner deur die Franse plaasname in die Boland en die talle Franse familienam­e dwarsoor ons land.

 ??  ?? ’n Illustrasi­e van Martin Luther as ’n monnik.
’n Illustrasi­e van Martin Luther as ’n monnik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa