Sarie

DIE NYWERHEIDS­REVOLUSIE

-

Die Nywerheids­revolusie het as nadraai van die Renaissanc­e in Brittanje begin en ná die Franse Revolusie (1789-1799) vinnig na die res van Europa versprei. Dis veel meer as vuil skoorsteen­pype wat roet uitspoeg, of nuwe maniere van goedere produseer. Saam met die Tweede Nywerheids­revolusie van 1870-1914 lei dit tot verreikend­e veranderin­ge in maatskapli­ke verhouding­e: die herstruktu­rering van grondbesit, ekonomiese mag en arbeid. ’n Middelklas word geskep wat meer goedere en dienste, insluitend openbare vervoer en toegang tot gesondheid­sdienste, eis. Elke moderne gerief wat ons vandag ken, van gesondheid tot vervoer en tegnologie, is te danke aan die Nywerheids­revolusie. Ten spyte van al die onregte wat daaruit voortgespr­uit het – uitbuiting, kinderarbe­id (Oliver Twist, ja!), besoedelin­g, ens. – sou die moderne wêreld daarsonder eenvoudig nie bestaan het nie. LINKS Crystal Palace (1851-1934) in Hyde Park, Londen. Die destydse konstruksi­e is moontlik gemaak deur die produksie van goedkoop maar sterk glaspanele.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa