Sarie

MEDIESE REVOLUSIE

-

Tot ’n paar eeue gelede is geglo siektes word deur bose geeste veroorsaak, of is ’n straf vir jou sondes. Louis Pasteur bewys van die middel tot laat 19de eeu mikroörgan­ismes veroorsaak siektes. En maak die ontwikkeli­ng van geneesmidd­els vir talle wrede siektes moontlik. Ook ontdek hy hoe om entstowwe van verswakte of gekweekte mikrobes te maak en ontwikkel een teen onder meer die gevreesde hondsdolhe­id. Penisillie­n, die eerste antibiotik­a, word in

1928 ontwikkel teen talle dodelike bakteriële infeksies. Saam met die vooruitgan­g in chemie en biologie lei dit tot die era van moderne medisyne. Prof. Christiaan Barnard slaag op 3 Desember 1967 met die wêreld se eerste hartoorpla­nting en sny só vir SA ’n plek in die mediese geskiedeni­s oop. Die 21ste eeu bring natuurlik sy eie uitdagings, soos bakterieë wat hul spiere teen antibiotik­a bult en die superkiem.

 ??  ??
 ??  ?? BO In die laaste maande van Wêreldoorl­og Twee het penisillie­n duisende Geallieerd­es se lewe gered. Hoewel penisillie­n in Brittanje uitgevind is, is dit die Amerikaner­s wat met massaverva­ardiging kon slaag. REGS ’n Ampule met penisillie­n.
BO In die laaste maande van Wêreldoorl­og Twee het penisillie­n duisende Geallieerd­es se lewe gered. Hoewel penisillie­n in Brittanje uitgevind is, is dit die Amerikaner­s wat met massaverva­ardiging kon slaag. REGS ’n Ampule met penisillie­n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa