Sarie

DIE RUSSIESE REVOLUSIE

-

Raspoetin, die gek “monnik”, en die vraag rondom Anastasia, jongste dogter van tsaar Nikolaas, se dood. Dalk lui dít vir jou ’n klokkie. Die gewelddadi­ge revolusie waarin Nikolaas en sy hele gesin (Anastasia ook) hul lewe verloor*, trek ’n streep deur eeue van Russiese imperialis­me – en het verreikend­e gevolge vir die wêreld. Dit lei tot die verspreidi­ng van kommunisme en die Koue Oorlog en was die inspirasie vir bloedige opstande, soos die kommunisti­ese revolusies in Kuba, China, Viëtnam en Korea.

* Die Romanofs se bloedlyn is nie heeltemal uitgewis nie. Hul moderne familie sluit in lede van die Britse monargie, Liesbet, William, Harry en die res.

 ??  ?? Lenin spreek werkers toe by die Poetilof-fabriek in Petrograd (nou St. Petersburg). Die staking hier was die vonk vir die begin van die Russiese Revolusie. Skilder Isaak Brodsky (1883-1939).
Lenin spreek werkers toe by die Poetilof-fabriek in Petrograd (nou St. Petersburg). Die staking hier was die vonk vir die begin van die Russiese Revolusie. Skilder Isaak Brodsky (1883-1939).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa