Sarie

MOOIMAAK SE CLARE

MOENIE JOUSELF LAAT GAAN NIE

- DEUR FOTO

SUANNÉ MULDER INSTAGRAM CLARE WIESE-WENTZEL

In die derde seisoen van die kykNET-reeks Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel

sien kykers weekliks die mooi hart van dié TV-aanbieder en sakevrou raak. In die program gaan dit nie net oor die uiterlike nie, maar ook oor die deelnemers se geestesges­ondheid en algehele welstand. ’n Reis na selfontdek­king. Ons het by Clare gaan kers opsteek oor mooimaak.

Beste hareraad

Ek het baie olierige hare, so my hare is natuurlik gesond.

Maar gewone klapperoli­e vir ’n vinnige by-die-huis-haarmasker vir droë of beskadigde hare werk fantasties en is ’n skoon en natuurlike produk. Ek laat sny wel elke 6 weke my punte af – daar is niks erger as dooie haarpunte nie!

Verbloemer Vir onder die oë en enige rooi vlekkies.

Wenkbroupo­eier of -potlood Wenkbroue maak ’n reuse-verskil en gee jou ’n face-lift.

Oogomlyner en maskara Ek kan nie net drie kies nie! Maar ek sal altyd eerder my oë grimeer as my mond – ek peusel te veel deur die dag en dit hou nie.

Beste goedvoel-raad

Om nooit te “laat gaan” nie – fisiek en emosioneel. Doen die beste wat jy kan. Sit grimering aan, al voel jy sleg. Trek vir jou mooi aan, al voel jy oorgewig.

Lees die volledige artikel op SARIE.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa