Sarie

SUIDOOSTER SE VASHTI DEEL GEHEIM VIR mooiste krulle

-

Vir talle Suidooster-aanhangers voel

Vashti Prins al soos familie, want weeksaande vertolk sy die rol van Danni, ’n ambisieuse krulkop, in die fiktiewe Kaapse woonbuurt Ruiterbosc­h. En ja, hulle is soos vinkel en koljander. “Ons is eintlik baie dieselfde . . . behalwe, ek flirt en soen meer!” verklap sy skertsend.

Om in ’n sepie te speel bly ’n kreatiewe uitdaging en is steeds iets waarop sy as aktrise floreer. En die kersie op die koek? “Om ’n splinternu­we uitrusting te dra waarvoor ek nie self hoef te betaal het nie!” spot sy.

Ons het haar gepols oor wat die geheim van haar mooi krulle is, want vra jy ’n vrou met krulhare, sal sy jou gou vertel dis ’n ewige stryd om seker te maak dat jou krulle gedefiniee­rd bly. Is dit boonop jou kenmerkend­e look, moet jy weet hóé om hulle te beheer.

Gelukkig weet Vashti wat vir haar hare werk en het die fyn kuns van mooi krulle al goed bemeester.

DEUR SUANNÉ MULDER

FOTO INSTAGRAM VASHTI PRINS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa