Sarie

DIE VRAAG OOR

KOLLAGEEN

-

Nie almal is ewe oortuig van die voordeel van kollageena­anvullings vir jou vel nie. Anneen Middel, geregistre­erde dieetkundi­ge van PVM Nutritiona­l Sciences, glo daar is nog nie genoeg wetenskapl­ike bewyse dat kollageen wat mondeliks ingeneem word ’n direkte uitwerking op jou vel se voorkoms het nie. Dit is omdat jou liggaam die kollageen afbreek tot aminosure en peptiede (kort kettings van aminosure), dit vervoer na die lewer en dan gebruik vir verskeie funksies, onder meer energie en herstel. Daar is dus geen waarborg dat die proteïene op die ou end jou vel gaan bereik nie.

Dr. Ian Webster, ’n spesialis-dermatoloo­g op Somerset-Wes en medestigte­r van die aanlyn velsorgwin­kel Dermastore, glo kollageena­anvullings kan werk, maar waarsku dat nie alle handelsmer­ke dieselfde is nie. “Die belangriks­te is om vas te stel of die kollageen wat jy drink inderdaad deur jou liggaam opgeneem word. Uit studies wat ek al te siene gekry het, wil dit lyk asof gehidrolis­eerde kollageen in vloeibare vorm, wat saam met ander bestanddel­e (soos hialuronsu­ur, magnesium, B-vitamiene en vitamien C) geformulee­r is, makliker opgeneem en aan jou vel gelewer word.” Dr. Heyns stem saam dat daar studies met belowende resultate is, maar benadruk dat aanvulling­s nie jou gewone velsorgroe­tine kan vervang nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa