Sarie

KAN EK VERWAG?

WATTER RESULTATE

-

Volgens Stella kry jy die meeste waarde uit ’n aanvulling wanneer jy dit daagliks oor ’n lang tydperk neem. “Jy sien gewoonlik eerste ’n verskil in die groei van jou naels en hare. Jy gaan dalk nie oornag minder plooie hê nie, maar die algehele gesondheid en glans van jou vel sal verbeter. Kwessies soos aknee en rooiheid behoort ook ’n verbeterin­g te toon.” Dis belangrik om steeds ’n behoorlike velsorgroe­tine te volg, gebalansee­rd te eet en te oefen. “Die geheim van jeugdighei­d lê nie net in ’n potjie of ’n sakkie nie, maar in al die klein welstandsg­ewoontes wat jy op ’n daaglikse basis kweek,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa