Sarie

KIES JOU PRODUK

-

WENKBROUPO­TLOOD: Dit werk goed om wenkbroue wat aan die yler kant is, liggies in te vul, sê Suna. “Jy het baie meer beheer. Jy kan waar die wenkbrou begin fyn haarstrepi­es teken en dit van die boog af meer solied inkleur.”

WENKBROUJE­L OF -MASKARA: Kies ’n deursigtig­e jel om jou haartjies in ’n netjiese vorm te kam indien jy voller wenkbroue het. As jy meer kleur en definisie soek, gebruik ’n wenkbrouma­skara, sê Suna.

3

WENKBROUPO­EIER: Gebruik wenkbroupo­eier en ’n dun, hoekige grimeerbor­seltjie om yl dele mooi in te vul met definitiew­e strepies wat nes wenkbrouha­artjies lyk. “Ek gebruik dikwels twee kleure – ’n ligte kleur aan die binnekant waar jou wenkbrou begin en ’n donkerder kleur aan die buitekant om ’n ombré wenkbrou te skep.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa