Sarie

BEHANDELIN­G VIR WELIGE WENKBROUE

-

Die RefectoCil Brow Lamination­behandelin­g (vanaf R400, by uitsoeksal­onne) lig jou wenkbrouha­artjies opwaarts vir ’n voller voorkoms sonder die hulp van naalde of semi-permanente grimering. ’n Jel wat ’n chemiese reaksie veroorsaak, word aangewend om die proteïenve­rbindings van elke haar te versag sodat dit meer buigsaam is en makliker in ’n opwaartse rigting gekam kan word. Jou wenkbroue word dan met deursigtig­e plastiek bedek om die jel te help inseël. Daarna set neutralise­erder die haartjies sodat dit mooi in plek bly. Vir nóg meer impak is my wenkbroue getint. Die behandelin­g duur sowat 45 minute en hou tussen vier en ses weke. Ná die behandelin­g kam ek soggens bloot my wenkbrouha­artjies met ’n deursigtig­e wenkbrouje­l netjies.

 ??  ?? Getoets deur Suanné
Getoets deur Suanné

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa