Sarie

KONDENSMEL­K CRÈME CARAMEL

genoeg vir 6-8

-

150 g (190 ml) suiker

80 ml water

1 x 385 g-blik kondensmel­k 125 ml room

4 eiergele

2 eiers

5 ml vanieljege­ursel vars bessies vir voorsit koekiekrum­mels vir voorsit (opsioneel) Verhit oond tot 160 °C. Bring suiker en water in ’n middelslag­pot tot kookpunt en kook vinnig vir 8-10 minute tot ’n goue karamel vorm. Voer ’n 15 x 10 cm-broodpan uit met GLAD BAKE & COOKING PAPER (Foto 1). Gooi warm karamel onderin die broodpan en laat stol. Bring kondensmel­k en room in ’n skoon pot tot kookpunt. Klits eiergele, eiers en vanieljege­ursel saam tot lig en romerig. Voeg die warm melkmengse­l by terwyl jy roer. Gooi mengsel deur ’n sif in die broodpan. Plaas pan in ’n oondbak en vul bak halfpad met warm water. Bedek broodpan met GLAD FOIL LIGHT en bak vir 50-60 minute of tot gestol soos jellie. Haal uit oond, verwyder die foelie, maar los pan in die water en bedek dit met GLAD CLING WRAP (Foto 2). Laat crème caramel in die yskas afkoel. Keer versigtig uit en sit voor met vars bessies en koekiekrum­mels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa