Sarie

OM TE weet

-

Kies kos so na aan sy oorsprong as moontlik, bv. piesang pleks van piesangbro­od.

Moenie bang wees om te eet nie. Eet vyf etes

– drie maaltye en twee peuselhapp­ies.

Bly weg van verwerkte kosse of eet matige hoeveelhed­e daarvan.

Ek stel altyd voor dat kliënte by elke maaltyd groente en proteïene moet sit, en na gelang van hul doelwit werk ons uit hoeveel koolhidrat­e en vette moet bykom.

Mense sukkel met proteïene omdat hulle moet beplan, maar jy moet dit prakties en volhoubaar hou: Maak bv. die vorige aand ’n ekstra porsie vleis wat jy vir middagete kan saamneem werk toe.

Baie vroue gee menopouse die skuld vir oorgewig. Maar as ek hulle uitvra, eet hulle dikwels meestal koolhidrat­e: koek, brood, skyfies, wyn – omdat hulle “cravings” het. Met ’n gebalansee­rde eetprogram gaan jou liggaam nie daarna vra nie. Vir meer: @transform_for_life_coach op Instagram; e-pos: transformf­orlifefs@gmail.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa