Sarie

WOEF OF KIETS ZOOM SAAM

-

Moeg van jou eie geselskap in jou tuiskantoo­r? Jou video-oproepe met kollegas kort nuwe inspirasie? ’n Dierehawe in Richmond, Virginia, het die antwoord. ’n Vierbeen-kollega! Richmond Animal Care and Control (RACC) stel naamlik honde en katte tot die beskikking van hul landgenote om dinge ’n bietjie meer ontspanne te maak. Mense kan spesiale versoeke hê, onder meer ’n sekere persoonlik­heidstipe soos ’n ontspanne kat of ’n hiperaktie­we hondjie. Catherine Middleton Duchess of Cambridge, ’n goedgeaard­e bulterriër, het die program “toetsbestu­ur” en was glo ’n model-werknemer. Die dierehawe hoop om meer aandag te vestig op hul vierbeen-inwoners, wat almal smag na ’n forever home. Bron: thedodo.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa