Sarie

SO SÊ HULLE OP SARIE.COM

Anoeschka von Meck praat oor haar nuutste roman, Die heelal op my tong (Penguin Random House, R290)

- Lees die volledige onderhoud met Anoeschka op SARIE.com

Die verhaal begin met ’n verwysing na gewig. Willemien se stelling “my lyf en my gees pas nie by mekaar nie” kan netsowel die versugting van miljoene vroue wêreldwyd wees. Wat het jy deur die boek geleer oor jou eie stryd met jou lyf?

Die grootste skok en openbaring van hierdie skryfprose­s wat uit my werklike lewe kom, is oor die pa-karakter se sneeujas wat vir Willemien pas. Ek het dit nie besef voordat ek die toneel geskryf het nie. Dat ek tans presies in mý oorlede pa se groot jas pas. Ek het daai jas – my plek van gekoester wees – letterlik aan my eie gebeente gemanifest­eer. Ek is nou nog verstom om dit te ontdek en in verwonderi­ng oor hoe fyn die mens skep wat hy meen nodig is om te oorleef. Daar is toe al die tyd iets baie dieper as net elke jaar onverklaar­baar vetter word!

Willemien skryf: “Ek weet hoekom ek ’n skrywer wil wees. Omdat woorde netjies en beheerbaar is, anders as mens se lyf” (bl. 23). Wat dryf jou om te skryf?

Ek skryf nie om ’n skrywer te wees nie. Goed sif in my kop neer soos spirale letters wat na my toe aangetrek word en dan netjies deur my gerangskik word. Om te sorteer en te orden laat my kalmer en meer in beheer voel. Veilig. Ek skryf omdat dit my tydelik die gevoel gee dat ek oor koördinate beskik wat my op ’n spesifieke plek anker – binne-in die verhaal se realiteit. Dit is soms net makliker om in ’n sprokie te lewe as op jou eie skaal.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa