Sarie

SPESIAAL VIR JOU

Hoeveel keer die week het jy iets net vir jouself gedoen? Ontspan ’n slag, neem ’n tydjie af en herlaai jou energie. Dié boks vol uitsoekbed­erwe is dalk net wat jy nodig het

-

1. Aurora Home se Kitchen Towel met unieke patrone gedruk op katoenmate­riaal: Lemon, Veggies, Picnic, Floral, Swan, Sunrise, Mushroom, Pastel, Sunset en Candy. Jou kombuisdoe­k sal een van dié patrone op hê. 2. Geniet ’n koppie tee en koekies in Wonki Ware se Small Straight Mug en Biscuit Dish. Jy ontvang twee koppies en een bakkie in saliegroen. 3. Dié Medium Gear Candle in die kleur Burnt Orange van okracandle skep die perfekte atmosfeer vir ’n spesiale ete. Dit kom in ’n tint en verslawend­e note van sandelhout. 4. Leer iets nuuts oor kos, kook en kombuisteg­nieke saam met Slimmer met SARIE, ’n splinternu­we aanlyn projek, in die gemak van jou eie huis. Jy ontvang ’n R250-afslagbewy­s vir die Slimmer met SARIEkursu­s: Kookklas met Herman Lensing. 5. Gee jou geregte nuwe lewe met een van Funky Ouma se soute. Die geure is Beetroot, Black Garlic of Turmeric Ginger (80 g elk), waarvan jy een sal ontvang. Dit word slegs van natuurlike bestanddel­e gemaak en bevat geen kunsmatige kleur- of geurmiddel­s nie. 6. Verfrissen­de aromas en geure van peer, nartjie, lemoenbloe­isel en kanferfoel­ie kan geproe word in Robertson Winery se nie-alkoholies­e Dry Sparkling White Wine. 7. ’n Lekkerlees-boek van NB-Uitgewers: Die versoeking van Thomas Maas deur Chris Karsten. Al wat jy hoef te doen, is om die hoekie, bank of bed te vind waar jy dit rustig kan geniet. 8. Pamperlang so: Greenleaf se handeroom en lekkerruik-sakkie in 2 geure: Classic Linen en Cashmere Kiss. Jy sal een van dié geure ontvang.

Hierdie boks is beskikbaar vir bestelling by tobegiftbo­xes.com onder die SARIE-hofie. * Aflewering ingesluit is slegs van toepassing op hoofsentra.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa