Sarie

Ons wêreld

- DEUR SUZETTE TRUTER suzette.truter@sarie.com

20 Mei is Wêreld-Byedag. Daar is goeie rede om dié besige insekte te vier . . . Bye bestuif ’n derde van alles wat ons eet (aarbeie, bloubessie­s, sonneblomm­e en amandels is onder meer afhanklik van bestuiwing) en speel ’n noodsaakli­ke rol in die ekosisteem. Ongelukkig is moderne landboupra­ktyke besig om bye-populasies te bedreig. Die Amerikaans­e velsorghui­s Burt’s Bees meen jy kan help deur soveel moontlik blomplante te plant, nie plaagdoder­s in jou tuin te gebruik nie en heuning van plaaslike byeboere te koop. – Monica van der Walt

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa