Sarie

Op, op en op! Blinknuwe sterre Jawaahier, Trix en Mila

Hier en daar het hul name opgeduik, mettertyd ál meer. Maar eensklaps is dié drie aktrises bekend, elkeen besig om hul stempel af te druk en hulle stewig in ons vermaakwêr­eld te vestig

- DEUR DELIA DU TOIT FOTO’S LEANA CR KONSEP EN STILERING FANIE CRONJÉ STILIS SE ASSISTENT MISHA PEENS GRIMERING EN HARE ALEX BOTHA & LESLEY WHITBY

Vir jare geniet ons die werk van ons bekendste en talentvols­te akteurs – daardie mense wat in ons hart kruip, ons bly verras en beïndruk, later legendarie­s word.

Nooit kan ons dink dat ander hul plek sal inneem nie, en dan, op ’n dag, word jy bewus van nuwe name, nuwe talent wat ontluik en ál meer gehoor en gesien word.

Dís waar die aktrises Trix Vivier, Jawaahier Petersen en Mila Guy hulle nou bevind – elkeen besig om op hul eie manier te wys watter talent hulle het en indruk te maak, ten spyte van die onvoorspel­bare tye waarin werk skaars is . . . Hulle is op pad boontoe, en mense neem kennis.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa