Sarie

‘Ek’s kykNET se Stella!’ sê Pretoriame­isie

-

DEUR LIANI JANSEN VAN RENSBURG FOTO’S GARETH JACOBS

Einde 2020 het ons Stella ontmoet. ’n Energieke 21-jarige met blink oë wat kamtig vir die Afrikaanse TV-kanaal kykNET werk. Wie is Deoudoné as sy nie Stella in haar geel-en-blou pakkies speel nie?

Gebore en getoë in Pretoria. Ek’s die derde oudste van ses dogters: Rodette, Baudine, Deoudoné, Dehandri, Donique en Jenoté. Ja, my ouers hou van interessan­te name!

Wat is húl name?

Net doodgewone Sonja en Willem șlagț.

Ses dogters! Klink kompleet soos die Afrikaanse weergawe van Little Women.

Wel, van die ses is ek beslis my pa se “seun”. Die rabbedoe.

Die een wat altyd die haai, monster of heks moes wees. Ai, ek het tot eendag myself per ongeluk as “Willem se seun” voorgestel . . . dit was by

’n werksgesel­ligheid van my pa en daar was baie grootkoppe as ooggetuies. So embarrassi­ng!

Maar ek en my susters het ’n besonderse band. Ons hou gereeld oorslaapse­ssies en dan moet al die mans iewers heen gaan. Hulle hou my voete op die grond.

Jy ken haar as die warrelwind wat kykNET getref het en skouers skuur met Emo Adams, Mila Guy, Denise Newman en selfs die Glam Guru. Gil! Maar ondanks al die Stella-koors is Deoudoné Pretorius net ’n plat-op-dieaarde dromer met sterre in haar oë. Belowe! Hoe het jy die rol van Stella losgeslaan?

Ek het pas klaargemaa­k met my studies in drama en musikale teater by die Oakfields-kollege, toe tref Covid ons. Ek het vir so een of twee oudisies gegaan. Niks. Ek het nog vir my mense gesê: “Ek gaan nooit eendag ’n werk in die kunste kry nie!” Toe bel my agent my om ’n oudisie te doen.

Ek het sommer per WhatsApp vir haar ’n video gestuur. Dit was ’n Vrydagmidd­ag. Die Sondag hoor ek, ek is first choice en moet Maandag vir ’n call-back gaan. En daar kry ek die rol van Stella – my heel eerste een. Dit was crazy!

Maar eintlik het ek ook ’n werk in IT. Ja, ek is ’n tester.

Ek toets die programme, probeer dit “breek” en dan werk ’n ontwikkela­ar verder daaraan om dit te verbeter. Sjoe, 2020 was regtig ’n goeie jaar vir my. Ek het werk gesoek, geskep en gekry. Ek het getrou, ons het in ’n huis ingetrek en twee katte gekry.

Jy is op 24 September 2020 getroud met die chemiese ingenieur Rudolph van der Merwe. Hoe voel hy oor jou nuwe rol?

Snaaks genoeg, Rudolph het nooit met ’n TV grootgewor­d nie. Maar hy is so trots op my! Elke keer as ons iets shoot ,dan oefen hy saam met my lines en wil alles hoor as ek terugkom. Hy wys ook vir almal die kykNET-advertensi­e.

Om kalm te bly tussen al die sterre is deel van Stella se werk, tog kry sy haar palmsweeto­omblikke. Ervaar jy soms dieselfde?

Ek en Stella is baie dieselfde. Albei ewe opgewonde en ewe awkward ! Toe ons die advertensi­e verfilm het, is ek en Karen Meiring șkanaalhoo­f ț dieselfde tyd gegrimeer. Ek het sommer net daar “hallo” gesê en vir ’n selfie gevra. Dan was daar Glam Guru se Hannon șBothmaț. Ons was vir een toneel saam in ’n hysbak en die hysbak moes op- en afgaan. Tussen skote moes ons in die hysbak bly. En toe small-talk ek maar: Hoe gaan dit met die werk? Die besigheid? Jy weet, dinge wat mens vir Hannon sou vra șlagț. En hy het my ’n kompliment gegee, maar ek kon nie mooi hoor nie . . . Ek dink hy het gesê ek’s ’n skouperd. O, en Emo Adams! Hy was só cool.

Watter genre laat jou hart bokspring?

Drama. Ek is goed in komedie, maar ek is mal oor drama. En sal eendag meer in reekse en films wil speel in dié genre. Ek wil in die kunste werk, leef, droom en wees. Sign me up! Ek is ’n creator . . . ek het soveel goed hier binne my wat ek wil gee.

Plaaslik reis is ons voorland. Watter liedjie reken jy hoort op elke langpad-speellys?

Ek het eintlik reeds ’n ordentlike speellys vir road trips gemaak. George Ezra se “Shotgun”. En enigiets van Mumford & Sons en Of Monsters and Men.

Plekke wat elke Suid-Afrikaner behoort te sien?

Ek het ’n besonderse liefde vir die natuur en om te gaan stap. Ek reken Wildernis, die res van die Tuinroete en die Robbergnat­uurreserva­at naby Plettenber­gbaai is moet-sien-plekke. Dis waar ek as kind gereeld vakansie gehou het. Ek het voor ons troue vir my man gesê: “Ek soek nie ’n ring nie. Ek soek net twee huise . . . een hierso șPretoriaț en een in die Kaap.”

’n Bekende uit die verlede daag op vir koffie. Wie sou jy wou hê moet dit wees?

Carl Jung. Die laaste ruk het ek baie oor hom opgelees. Ek wil hom pols oor sy denkwyse, sy veld, hoe hy na dinge gekyk het.

Jy het ’n besonderse liefde vir kinders. Jy was tutor en au pair en het selfs in die grendeltyd ’n tydelike speelskool vir nege kinders oopgemaak. Wat kan ons by kinders leer?

Hulle doen alles met soveel oorgawe. As hulle hartseer is, is hulle hartseer. As hulle kwaad is, is hulle kwaad. As hulle gelukkig is, is hulle gelukkig. En hulle hou nie wrokke nie, hulle vergewe so maklik.

Is daar ’n sêding wat jou deur moeilike tye dra?

Dit sal ook verbygaan. Dis nou sleg, maar dit gaan beter gaan.

Waarom is jy lief vir Afrikaans?

Dis so ’n warm taal. Diep. Jy kan sekere goed in Afrikaans net nie anderste verwoord nie. Dit klink so lekker, dit praat so lekker. Ek het ’n passie vir die taal.

Het jy ’n geheime talent?

Ek’s kunstig en hou van skets en skilder. Dis iets wat my soveel vreugde verskaf, veral teken met ’n potlood.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa