Sarie

Aktrise Trudy van Rooy: ‘Ek volg my eie ritme’

- – Suanné Mulder

“Ná die gebeure van verlede jaar het ek die titel van muse vir myself toegeëien. In die Griekse mitologie se oorspronkl­ike betekenis van kragdadige medeskeppe­r.”

Einde 2019 is aktrise Trudy van Rooy se pa oorlede, en met die uitbreek van die pandemie was sy reeds gesout in onverwagte ellende. Die grendeltyd was ’n geleenthei­d om tot verhaal te kom, maar ook om haar kreatiewe ritme te vind. “Net deur in voeling te wees met myself sal my lewe ontvou soos dit moet.”

Nadat haar tienerdroo­m in 2013 waar geword het toe sy vlugtig teenoor Hollywood-ster Orlando Bloom in die oorlogsfli­ek Zulu gespeel het, lyk dit inderdaad of groot dinge vir haar bestem is. Plaaslik was haar deurbraak in die tweede seisoen van kykNET se naelbyt-aksiereeks Die Byl, waarin sy die rol van dr. Shani van Rooi vertolk. Die derde seisoen het op 27 April begin. Sy’s ook in twee rillerreek­se te sien, Skemerdans en Slot, wat albei op Showmax gekyk kan word.

Vir haar is dit die grootste uitdaging maar óók vreugde om as aktrise raakgesien te word. “Dis die bereidwill­igheid om te misluk en te triomfeer in die strewe om die storie eg te vertel. Dis die streng praktyk om deurgaans ’n karakter waarlik te weerspieël.”

 ??  ?? FOTO KENNETH VAN ROOY
FOTO KENNETH VAN ROOY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa