Sarie

Veerkragti­gheid: Jy kiés om aan te hou

méér as net vasbyt Party mense sink as ’n brander hulle tref, ander veg hul pad boontoe. Selfs wanneer hulle nog op hul knieë is, en die volgende een kom reeds . . . Hoe gebeur dit dat een mens telkemale ná terugslae opstaan en ’n ander nie? En kan jy di

- DEUR SUZETTE TRUTER

’nTema vir ons tyd . . . Toe Ilse Salzwedel se uitgewer haar verlede jaar vra om ’n onderwerp voor te stel vir ’n boek wat in dié moeilike jaar sal werk, het die woord “veerkragti­gheid” dadelik in haar kop opgekom. Dit was ’n maklike keuse, want sy het al in haar loopbaan as joernalis met talle inspireren­de mense gesels wat met bykans bonatuurli­ke vasbyt weer opgestaan en aangegaan het. Al het hoeveel terugslae hulle getref.

“In daardie tyd was daar reeds baie berigte oor mense wat hul werk weens Covid verloor het, ondernemin­gs wat gesneuwel het, maar ook stories van mense wat eenvoudig nie gaan lê het nie, wat met innoverend­e nuwe planne vorendag gekom het . . . Ek het begin om veerkragti­gheid te verken – dis net so relevant,” sê sy.

< Ilse se boek Floreer: Styg uit bo terugslae en oorkom teenspoed makliker*, het pas by Lux Verbi verskyn. Sy wou iets skryf wat mense kan gebruik om hierdie moeilike tye te navigeer, eerder as ’n boek wat lesers bloot inspireer. Nou meer as ooit soek mense antwoorde, sê sy.

Ilse, ’n bekroonde joernalis en radio-omroeper, moes in haar eie lewe self groot terugslae hanteer. Haar dogtertjie is op ses gemolestee­r. Sy is 14 jaar gelede deur ’n moeilike egskeiding nadat haar man, ’n gerehabili­teerde alkoholis, weer begin drink het. ’n Jaar later het haar ma in haar arms gesterf toe hul gesin in ’n motorongel­uk betrokke was. Sy moes daarna na haar verswakte pa omsien, finansieel kop bo water hou en twee jong kinders alleen grootmaak nadat haar eksman uit hul lewe verdwyn het.

“Tydens die skryfprose­s het ek besef jy kan nie sulke lesse deel as jy dit nie self beleef het nie. Ek kon in alle eerlikheid vir mense sê: Ek weet dis dalk nou moeilik om te glo, maar dit werk regtig, jy kom sterker anderkant uit.”

Veerkragti­gheid – “in ’n neutedop: om op te staan en aan te hou aanhou, ten spyte van . . .” volgens Ilse – is ’n navorsingv­eld wat wêreldwyd aandag geniet. Dit wat sy deur die jare by veerkragti­ge mense waargeneem het, en self in moeilike tye probeer het, is waarskynli­k ’n diepgewort­elde instink wat die menslike ras gehelp het om tot hier te oorleef, sê sy.

In haar boek lys sy die karakterei­enskappe wat sulke mense deel – hulle is onder meer doeners eerder as klaers, hulle kan situasies ontleed, is hul eie rasieleier­s, hulle is empaties, realisties en bly kalm in stresvolle situasies, om maar enkele te noem.

As sy egter net drie dinge moet uitlig wat veerkragti­ge mense gemeen het, sou dit wees: hoop, ’n doelbewust­e poging om hulself of hul situasie te verbeter en ’n geloof in iets groters – of dit nou ’n god of ’n doelwit is. Sy verduideli­k:

“Veerkragti­ge mense bly hóóp, selfs in situasies wat die meeste van ons sou verpletter. Die Soedanse vlugteling

Aher Arop Bol met wie ek in 2010 oor sy boek The Lost

Boy gesels het, het dit versinnebe­eld. Tydens die Soedanse burgeroorl­og het hy as driejarige in ’n vlugteling­ekamp beland. Deur die jare het hy hongerte en vele gevare trotseer, en stoksielal­leen van kamp tot kamp en land tot land geswerf, maar hy het elke dag met nuwe hoop begin en sonder ophou probeer om sy familie op te spoor en geleerdhei­d te kry. Hy het vandag ’n meestersgr­aad en is met sy familie herenig.”

Yolande Korkie, wat 558 dae lank deur die terroriste­organisasi­e Al-Kaïda in Jemen aangehou is, het haar situasie verbeter deur alle Bybelverse wat sy en haar man, Pierre, kon onthou, neer te skryf – op enige flentertji­e papier wat sy in die hande kon kry, vertel Ilse. “As diep gelowige het sy besef

sy moet aan haar geloof vashou, dus het sy ’n soort Bybel geskep wat hulle deur die swaar tye sou dra.” Ook die SuidAfrika­ner Stephen McGown, wat deur dié groep ontvoer is en in 2017 vrygelaat is, vertel in sy boek Six Years with Al Qaeda hoe hy steeds fiks gebly en klein dingetjies gedoen het om in die Sahara sin aan sy dag te gee en sy kop reg te hou – al het hy nie eens geweet of iemand vir sy vrylating onderhande­l nie.

Veerkragti­gheid is nie net ’n blindeling­se aksie nie, dit vereis ’n anker, iets wat jou rig, geloof in ’n groter saak. “Die Pick n Pay-grootbaas Raymond Ackerman is op 35 deur die hoofbestuu­r van Checkers as besturende direkteur van 85 winkels afgedank omdat hy ‘moeilik’ was – hy wou groter afslagprys­e op sekere produkte gee en wou nie weekliks pryse vasstel soos ander kettingwin­kels nie. Hy het nie toegelaat dat ander se opinies sy drome laat sterf nie en sy eie besigheid begin. Hy het altyd ’n ongeloofli­ke geloof in Suid-Afrika gehad, omgegee vir die gemeenskap en vir sy klante. Dít kom eerste, daarsonder is sukses nie moontlik nie, het hy geglo.”

Veerkragti­gheid word soms as “terugbons” omskryf, maar prakties gesproke is dit dikwels net een treetjie vorentoe, of selfs twee treë vorentoe, drie treë terug. Soms moet jy elke dag weer van voor begin, sê Ilse. Sy onthou nog die subtitel van ’n boek wat sy ná haar egskeiding by haar broer gekry het: Just enough light for the next step. “Die geheim is om nie te bly lê nie – staan op en probeer nog ’n keer.”

Tydens haar navorsing het die term “posttrauma­tiese groei” gereeld opgeduik. Dis die nuwe gonswoord vir daardie groei wat jou help om ’n volgende situasie beter te hanteer. “Elke mens wat ’n oorlog, depressie of resessie oorleef het, kan getuig van dié groei, dit het nou net ’n naam gekry.”

Met elke ramp wat haar getref het, het Ilse ondervind dat sy meer voorbereid was op die volgende een. Sy kon die lesse wat sy byvoorbeel­d tydens haar egskeiding geleer het, weer toepas toe haar ma oorlede is. Haar oorlewings­piere het ál sterker geraak.

Die grootste les wat sy in krisistye geleer het:

Moenie opgewerk raak oor goed waaraan jy niks kan verander nie. Hou jou emosionele energie vir nuwe planne, nuwe geleenthed­e, nuwe mense. “Ek moes kies of ek energie gaan mors om my eksman aan te vat in die hof vir geld wat hy nie het nie, of eerder my energie gebruik om ’n boek te vertaal of nog ’n artikel te skryf om geld te verdien. Ek het die tweede opsie gekies.”

’n Tweede les: Aanvaar jou situasie. Dit beteken nie jy moenie treur en kwaad raak nie – gaan deur al die fases van rou, anders haal dit jou later emosioneel in op ’n tyd wat jy dit nog minder kan bekostig. Maar aanvaar dan die gegewe. En werk van daar.

Derdens: Behou perspektie­f. Wees dankbaar vir wat jy wel het. Tel jou seëninge. (Toe die vrouetydsk­rif rooi rose in die grendeltyd gesluit het, het sy heelwat vryskutwer­k verloor en haar dogter was haar pos as digitale assistent kwyt. Ilse se eerste reaksie was om haar dogter te herinner aan wat hulle wel het, soos ’n dak oor hul kop, genoeg ander werk . . .)

Vierdens: Humor is ’n goeie teenvoeter vir moedeloosh­eid en woede, en gee jou meer emosionele energie om jou uitdagings aan te pak. “Laat jouself toe om te lag – selfs midde-in die moeilikste tye.”

Uiteindeli­k gaan veerkragti­gheid ook oor ’n positiewe ingesteldh­eid. Jy is die een wat moet kies om meer veerkragti­g te wees, sê sy.

Haar manuskrip was reeds klaar toe sy

The Choice deur dr. Edith Eger, ’n oorlewende van ’n Nazi-konsentras­iekamp, lees, maar sy móés dit eenvoudig as naskrif gebruik, want dit bevestig nogmaals hoe sterk die menslike gees kan wees, mits jy die keuse maak.

Dr. Eger, ’n sielkundig­e wat in posttrauma­tiese stres spesialise­er, se boodskap: “We can’t erase the pain. But we are free to accept who we are and what has been done to us, and move on.”

Ilse weet haar eie verhaal is nie halfpad so erg soos dié van Yolande Korkie nie en dat sy ook nooit die binnekant van ’n konsentras­iekamp sal sien nie, maar sy glo elkeen van ons kan goed voel oor wat ons in ons eie lewe oorkom het.

“Ek hoop mense sal my boek lees, na hul eie lewe kyk en daardie buzz word ,die ‘posttrauma­tiese groei’, in hul eie lewe herken. En hulself op die skouer klop oor hoe ver hulle al gekom het.”

Veerkragti­gheid – in ’n neutedop: om op te staan en aan te hou aanhou, ten spyte van . . . Ilse * Floreer: Styg uit bo terugslae en oorkom teenspoed makliker, Lux Verbi, R240

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa