Sarie

Kuberkuier: Cobham, Engeland

Ver genoeg van Londen om skape te sien wei, maar naby genoeg as jy die stadsliggi­es mis. Lynda Smit vertel van haar verblyf in die bosryke Surrey, Brexit en ‘die stywe bolip’

- DEUR LIESEL PIENAAR

Wat doen jy?

Ek is bevoorreg om die rol van vrou, ma en tuisteskep­per te kan vervul. My man, Winston, werk vir ’n internasio­nale farmaseuti­ese maatskappy in Londen en ons woon al ses jaar hier. Ons het twee seuns, Winston (10) en Oliver (9), wat beteken ek was die afgelope jaar tydens die pandemie ook ’n onderwyser­es.

Wat maak Surrey anders as die ander graafskapp­e?

Surrey bied die beste van twee wêrelde. Dis in die bosrykste streek in Engeland, bekend vir pragtige natuurtone­le. Cobham, die dorpie waar ons woon, is gewild onder stappers en rolprentve­rvaardiger­s. Tonele uit Bridget Jones: The Edge of Reason en The Holiday is byvoorbeel­d hier verfilm. Vir ons as Suid-Afrikaners wat gewoond is aan ruimte, is dit perfek en voel dit ’n bietjie soos “huis” in Engeland. Dis ’n voorreg om ons seuns in so ’n mooi landelike omgewing te kan grootmaak waar hulle op pad skool toe skape kan sien wei. Londen is net 40 minute per trein weg vir as ons hunker na die stad se liggies.

Hoe ervaar julle die Britse weer?

Die somer is pragtig maar van korte duur, en die winter is koud en nat. Dit bly vir ons ’n groot uitdaging. Dis egter ’n lekker aanknoping­spunt vir ’n geselsie as jy dorp toe gaan.

Die kuns om warm te bly lê daarin in om verskeie lae (termiese) klere te dra en winterkler­e van goeie gehalte aan te skaf.

Ná vier jaar se bibber, het ek vir my ’n Burberry-jas gekoop – dit was verreweg my beste aankoop!

Ons het verder in gehaltebed­degoed belê wat ons liggaamste­mperatuur behou en isolasie bied vir die koue nagte. Ons binnenshui­se verwarming­stelsel is die hele jaar aan, wat vir die Britte malligheid is aangesien hulle dit slegs in die winter aanskakel. Die temperatur­e verander voortduren­d en ek is altyd voorbereid vir al die seisoene op een dag, gepantser met ’n sonbril en ’n sambreel.

Die meeste Britse huise het stewelkame­rs by die voordeur waar jy jou nat en vuil Wellies kan stoor. Hierdie skoene is in elke moontlike kleur beskikbaar en ’n besliste moet vir die winter.

Die weer kan jou bui erg beïnvloed. Daar is werklik iets soos seisoenale gemoedsteu­ring, daarom drink ons daagliks vitamien D-aanvulling­s.

Die Britte is lief vir bloedwors (black pudding). Het jy ’n smaak daarvoor ontwikkel?

Glad nie! Bloedwors is basies hawermeel met geursel, wat uie, Ierse beesvet, water, vleisbloed­poeier, sout, aartappels­tysel en speserye insluit. Ek bly verstom dat dit saam met ontbyt geëet word, hoewel die plaaslike mense dalk dieselfde voel oor ons wat biltong as peuselhapp­ie geniet.

Tradisione­le geregte wat ek wel geniet, is ’n Sunday roast met Yorkshire pudding, toad-in-the-hole (wors in deeg), vis en tjips, herderspas­tei, varkworsie­s en kapokaarta­ppels, ’n tipiese Engelse ontbyt met sousbone en haggis (afval).

Sokker is groot. Hoe fanaties is die mense daaroor?

Hier is meer as 40 000 geregistre­erde sokkerklub­s in Engeland. Om te sê sokker is ’n manier van lewe sal ’n onderbekle­mtoning wees. Dit wek ’n vlak van passie en kameraadsk­ap wat jou sal verbaas as jy nie ’n sokkerspan ondersteun nie. Die keuse van ’n span is dikwels ’n familiesaa­k. Sodra jy ’n span gekies het, is dit ’n lewenslang­e verbinteni­s – deur dik en dun!

Ons bly op dieselfde dorp as die Chelsey-span, ’n groot bonus vir die seuns. Die WAGS is die spelers se vroue en hulle verskaf my ure se vermaak en ek kry mode-inspirasie by hulle.

Hoe beïnvloed Brexit julle?

Ons het nog nie ’n groot verskil gesien nie, maar ons ervaar wel dat die gehalte van vars produkte ’n bietjie afgeneem het en die prys van ’n mandjie kruidenier­sware ’n pond of twee gestyg het. Daar is egter verborge koste wat ons op die langer duur sal raak.

As gevolg van ons Suid-Afrikaanse paspoorte (ons gaan later vanjaar vir Britse paspoorte aansoek doen) het ons in elk geval visums nodig om te reis. Dus beïnvloed dit ons nie in dié opsig nie.

Die Britte is bekend vir hul stiff upper lip. Hoe ervaar jy hulle?

Net so, onemosione­el, koud en stug – nie warm en ontvanklik nie. >

< Die frase “hou ’n stywe bolip” het ’n interessan­te oorsprong. Dit word gebruik om iemand te beskryf wat vasberade en onemosione­el bly as teëspoed hulle tref. Wanneer die bolip bewe, is dit ’n teken van swakheid en vandaar die gesegde.

Ek het wel ’n paar goeie Britse vriendinne gemaak wat my help om die kultuur en tradisies beter te verstaan.

Is die aksente en dialekte soms moeilik om te verstaan?

Waar ons woon, is dit nie so ’n groot probleem nie omdat die aksent wat in die home counties (histories die graafskapp­e om Londen) gehoor word, die naaste is aan wat jy Queen’s English noem. Dit staan ook as Received Pronunciat­ion (RP) of Standard English bekend.

My eie kinders sukkel egter soms om my Engels te verstaan en voel skoon skaam vir hul ma as ek voor hul maats Engels praat. Ek neem aan dis maar wat gebeur as ’n Afrikaanse meisie in Pretoria leer Engels praat!

Gewilde plekke om te besoek?

Toeriste besoek graag plekke soos die Cotswolds, Bath, Oxford, Cambridge, Cornwall en Devon. Die nuutste platteland­sensasie is die Newt-hotel in Somerset, wat dieselfde eienaars as Babylonsto­ren naby die Paarl het.

Die eeue-oue kroeë op klein dorpies en high tea by groot hotelle in Londen is nog hoogtepunt­e, so ook besoeke aan afdelingsw­inkels soos Harrods, Selfridges en die speelgoedw­inkel Hamleys.

Hier in Surrey is gewilde naweekakti­witeite Dorking se antiekwink­els, die Garsons-plaasmark, die Denbieswyn­plaas, die Brooklands-museum (in die Netflix-reeks The Crown te sien) en Hampton Court (die paleis van Henry VIII). Op my emmerskopl­ys is die jaarlikse Epsom-derby in Junie, die grootste op die kalender en een wat deur koningin Elizabeth bygewoon word.

Bekostigba­re uitstappie­s vir SA besoekers?

Engeland is bestrooi met klein dorpies wat eeue oud is. Besoekers kan vir ure rondloop en die argitektuu­r en ryk geskiedeni­s geniet.

Daar is ook baie dinge wat jy in Londen kan doen sonder dat dit jou rande gaan opvreet. Daar is ’n groot verskeiden­heid vlooi-, blomme- en kosmarkte. Jy kan ’n toebroodji­e of slaai by ’n supermark koop wat perfek is as jy langs die Teemsrivie­r en op die South Bank wil gaan stap of in een van die stad se vele parke wil piekniek hou.

Daar is ’n magdom museums, galerye en kerke sonder toegangsge­ld, en die Tower of London laat elke aand om 21:30 tot 50 mense gratis ingaan.

Ander dinge wat elke besoeker aan Londen moet sien, sluit in Platform 9¾ by die King’s Cross-stasie (waar Harry

Potter op die Hogwarts Express geklim het), Piccadilly Circus, Buckingham­paleis, Trafalgar Square, Abbey Road (vir die Beatles-aanhangers), Regent-, Bonden Oxfordstra­at en al die pragtige brûe.

Hoe het die pandemie jou wêreld verander?

180 grade! Netflix en aanlyn inkopies het my lewensredd­ers geword.

Ons is buitelugme­nse en voorheen sou ons ons nie kon indink hoe dit sou wees om in jou eie huis gegrendel te wees nie. Vir ons is dit belangrik om jou tenk vol sonlig te maak. Ons Kersfees was donker en nat en ons het Suid-Afrika en son op ons gesigte gemis.

Ons moes kreatief begin dink om die seuns besig te hou. Een van ons aktiwiteit­e was ’n gesinskuns­kompetisie en ek het in ’n kranige bakster ontaard.

’n Onlangse Britse artikel meen vandag se kinders sal die veerkragti­gste generasie ooit wees. Hulle sal innoverend­e oplossings vind en hinderniss­e afbreek soos niemand voor hulle nie. Dis vir ons belangrik dat ons seuns die grendeltyd positief ervaar en die tyd gebruik om hul identiteit op te bou.

My man het voorheen 90% van die tyd vir sy werk gereis – nou is ons permanent in mekaar se geselskap. Dit was ’n aanpassing. Ek het geleer dat verhouding­s nie altyd maklik is nie, maar dat die instelling van die huwelik ’n skat is wat die moeite werd is om voor te veg.

Kom julle terug SA toe?

In ’n oogwink. Ons is daartoe verbind om ’n goeie en gelukkige toekoms vir ons en ons seuns te skep. Ek weet ons kan oral gelukkig wees, want huis is waar die hart is. Soos die pandemie gewys het, weet ons nie wát die toekoms inhou nie, maar ek weet wié die toekoms inhou en dit is genoeg.

 ??  ?? ONDER Winston en Lynda Smit met hul seuns, Winston (links) en Oliver.
ONDER Winston en Lynda Smit met hul seuns, Winston (links) en Oliver.
 ??  ?? 1 2 3
1 2 3
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO Surrey se golwende heuwels. 1 Plaasvars pampoen by die Peterley Manor Farm in Buckingham­shire. 2 By Frensham Ponds met sy mensgemaak­te strand kan jy fish, chips and mushy peas, toegedraai in koerantpap­ier, geniet. 3 Lafenis in pubs is weer oral beskikbaar vandat Covid-regulasies verslap is. 4 Hampton Court, Henry VIII se paleis. 5 Reg om te gaan stap op Penrose Farm, op pad Cornwall toe.
4 5
HOOFFOTO Surrey se golwende heuwels. 1 Plaasvars pampoen by die Peterley Manor Farm in Buckingham­shire. 2 By Frensham Ponds met sy mensgemaak­te strand kan jy fish, chips and mushy peas, toegedraai in koerantpap­ier, geniet. 3 Lafenis in pubs is weer oral beskikbaar vandat Covid-regulasies verslap is. 4 Hampton Court, Henry VIII se paleis. 5 Reg om te gaan stap op Penrose Farm, op pad Cornwall toe. 4 5
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 6 Die wit brug oor die meer in Painshill, Cobham, 18de-eeuse tuinontwer­per Charles Hamilton se lewende skildery. 7 Omtrent elke klein dorpie in Engeland het ’n krieketvel­d. Dié een is in Tilford, Surrey. 8 Die Denbies-wynplaas. 7 8
6 Die wit brug oor die meer in Painshill, Cobham, 18de-eeuse tuinontwer­per Charles Hamilton se lewende skildery. 7 Omtrent elke klein dorpie in Engeland het ’n krieketvel­d. Dié een is in Tilford, Surrey. 8 Die Denbies-wynplaas. 7 8
 ?? WOON JY OORSEE? Vertel ons daarvan! Stuur e-pos na pieter.hugo@sarie.com ?? 6
WOON JY OORSEE? Vertel ons daarvan! Stuur e-pos na pieter.hugo@sarie.com 6

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa