Sarie

Gesig van die maand: Hailey Bieber

- – Magdel Muller

As die dogter van akteur Stephen Baldwin en sedert 2018 getroud met die Kanadese Grammy-wenner Justin Bieber, is Hailey Bieber gewoond aan die kollig. Hoewel die 24-jarige se droom om ’n prima ballerina te word in haar laat tienerjare aan skerwe gespat het weens ’n voetbeseri­ng, kon sy ’n loopbaan as model uitkerf en het al in advertensi­eveldtogte vir name soos Guess, Ralph Lauren en Tommy Hilfiger verskyn. Op 1,71 m is sy nie juis lank nie, maar danksy haar grasie en soepelheid is sy pas aangewys as die Italiaanse tekkieverv­aardiger Superga se gesig (en lyf) van 2021. Sy word gereeld deur steelfotog­rawe afgeneem danksy haar unieke straatstyl – klassiek maar prettig; volgens Superga nog ’n rede waarom sy vir hul veldtog gekies is. Vir Hailey, ’n groot voorstande­r van volhoubaar­heid, was dit ook die perfekte pasmaat. Uit ’n era voor die uitvinding van plastiek word dié klassieke tekkie al langer as ’n eeu met die hand gemaak van katoen, natuurlike rubber en aluminium. Met haar voete stewig op die grond is dié skoonheid beslis iemand om dop te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa