Sarie

Gevare in die medisyneka­s

Die badkamerka­ssie is die bêreplek vir ’n klomp alledaagse noodsaakli­khede, van haartanget­jies tot ontsmettin­gsmiddel. Daar is egter heelwat agter dié deurtjies wat sleg vir jou gesondheid kan wees

- ANDER ONGEBRUIKT­E

WATTESTOKK­IES

’n Lekker hulpmiddel om grimering aan te sit en vir koddige werkies oral in die huis. Maar moet dit nooit, ooit in jou oorkanaal steek nie. (Of enige ander opening nie.) Jy stoot die oorwas net dieper in. Boonop kan ’n ongeluk gebeur en jou oortrom laat bars. Oorwas is deel van jou liggaam se natuurlike verdedigin­g en nie ’n teken van siekte nie. As jou oor seer is of jeuk, of dit voel daar is iets in, gesels met jou dokter.

ASPIRIEN

Wees versigtig as die hele gesin ’n medisyneka­ssie deel. Hoewel dié pynstiller veilig vir die meeste volwassene­s is, moet jy oppas as jy ’n bloedverdu­nner neem. Gebruik jy albei, kan dit bloeding in die maag veroorsaak. Moet dit ook nooit gee vir kinders onder 12 wat herstel van ’n virussiekt­e (soos griep of waterpokki­es) nie. Aspirien word dan gekoppel aan ’n seldsame maar ernstige toestand, Reye-sindroom, wat die brein en lewer kan laat swel.

PYNSTILLER­S

Niesteroïd­ale antiinflam­matoriese middels (NSAIG’s) soos ibuprofen (Advil, Nurofen) en naproxen (Aleve) kan vir pyn en swelling help, maar ook jou bloed verdun. Pasop dus as jy ’n bloedverdu­nner neem. Gebruik jy die middels te dikwels saam, kan dit jou kans vergroot om ’n hartaanval of beroerte te kry. Dis ook sleg vir jou niere, veral as jy nierproble­me het.

VOORSKRIFM­EDISYNE

Gebruik soos voorgeskry­f en raak dan daarvan ontslae. Die beste manier is om dit fyn te druk en te meng met iets wat niemand sal wil eet nie (soos koffiemoer of katsand). Sit dan in ’n geseëlde plastieksa­k en gooi in die vullisblik. Neem jy sterk pynstiller­s of slaappille te lank, kan jy dalk daarvan afhanklik raak. Gebruik jy antibiotik­a om die verkeerde redes, kan dit lei tot bakteriële infeksies wat moeiliker is om te behandel. (Sien ook bl. 136.)

SOOIBRANDM­EDISYNE

Protonpomp­inhibeerde­rs of PPI’s (dit verminder die suur wat jou maag afskei) is die mees voorgeskre­we medikasie ter wêreld. (Soos Altosec, Losec, Nexium, Omez.) Dit het egter newe-effekte op lang termyn. Só het Amerikaans­e navorsing bevind dit kan jou risiko vir demensie (insluitend Alzheimer) verhoog, volgens The Journal of the American Medical Associatio­n (JAMA). Dit beïnvloed nie net die suur in jou maag nie, maar ook in ander organe, soos die brein.

 ??  ?? gesond
Hoe empaties is jy? bl. 128
Entstowwe van toeka tot nou bl. 133
DEUR LYDIA VAN DER MERWE lydia.vdmerwe@sarie.com
gesond Hoe empaties is jy? bl. 128 Entstowwe van toeka tot nou bl. 133 DEUR LYDIA VAN DER MERWE lydia.vdmerwe@sarie.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa