Sarie

Besluite: Jou kop praat én jou hart sê

Party mense neem besluite met die verstand, ander laat hulle lei deur emosie. Is die een beter as die ander? Want middein die pandemie besef ons meer as ooit dat dit ons verantwoor­delikheid is om die régte keuses te maak. Navorsing wys ons kies met die ko

- MARGUERITE VAN WYK DEUR

Dit het net reg gevóél. Daar was inderdaad ander plekke langs die Weskus wat dalk ’n beter keuse kon wees – met meer ruimte, of ’n beter ligging, maar dié huis het met haar gepraat. Haar kop het wel geskree, “nie so haastig nie!”, maar haar hart het klaar gekies. En drie maande nadat sy ingetrek het, sê sy dankie vir haar knus, sonnige nessie. Sy weet hulle is vir mekaar bedoel.

Aan die woord is Lydia van der Merwe, SARIE se gesondheid­sredakteur.

Vir Don Packett, bemarker, komediant, openbare spreker en outeur, en sy vrou, Lauren, ’n sakekonsul­tant wat leierskaps­ontwikkeli­ng doen, was dit ’n harts- én ’n kopbesluit toe hulle verlede jaar midde-in die grendeltyd hul huis in Johannesbu­rg verkoop en summier al hul besittings laat stoor het.

Om ’n ander leefstyl te verken. En dis hoe hulle nog altyd hul besluite geneem het – van trou tot werk – en dit wérk vir hulle.

Hulle het toe pas veertig geword en was lus vir ’n nuwe fase in hul lewe. “Dalk ’n soort middeljare-ding,” gee Don toe.

Die Packetts is dol op avontuur en die buitelewe en stap graag in die natuur. Sedert einde November reis hulle en werk waar hulle ook al “aanmeer”.

Hulle was al by die een prentjiemo­oi dorp ná die ander in die Wes-Kaap: Stanford, Greyton, McGregor. Ook by die see: Scarboroug­h, Muizenberg. Hulle ry en vertoef soos die hart hulle lei. Waar daar WiFi is, daar kan hulle werk.

“Ons hou van die vryheid van ons nuwe lewe, maar wil ook die sekuriteit van ’n inkomste hê.” Later vanjaar, na gelang van die virus se planne, mik hulle na Kenia en nog later Suidoos-Asië.

Dit is asof Covid die hele wêreld gedwing het om opnuut te besin oor hóé ons besluite neem. Leefstylaf­rigter Karen Moyle van Yzerfontei­n meen baie mense het besef die lewe kan in ’n oogwink verander. Almal is met hul sterflikhe­id gekonfront­eer. Ons wil voluit leef, maar tog eienaarska­p van ons besluite neem. Van gesondheid tot verhouding­s, geldsake en spirituali­teit.

Mediaghoer­oe Kevin Roberts, wat in 2016 uitgetree het as voorsitter van die internasio­nale advertensi­e-agentskap Saatchi & Saatchi, het al in onderhoude gesê een van die eerste groot lesse wat hy geleer het, was om groot lewensbesl­uite met die hart te neem, en die kleintjies aan sy verstand oor te laat.

Navorsing deur die koopgids

Medical Alert Buyer’s Guide (medicalale­rtbuyersgu­ide.org) wys die meeste mense neem besluite beïnvloed deur ’n kombinasie van kognitiewe denke (die kop) en emosies (die hart).

Interessan­t is dat millenniër­s (gebore tussen 1981 en 1994) graag hul hart volg, terwyl Baby Boomers (gebore ná die Tweede Wêreldoorl­og tot 1965) eerder kopbesluit­e neem. Hoewel die meeste mense nie veel dinktyd afstaan nie aan “algemene” besluite, soos wat om aan te trek of vir aandete te maak, volg

Baby Boomers selfs hul kop met hierdie besluite, is bevind. Terloops, ’n studie in die joernaal Psychologi­cal Science wys hoe ouer ’n mens raak, hoe beter raak jou vermoë om moeilike besluite te neem. Waarskynli­k omdat jy meer lewenserva­ring en insig het.

Netso, sê Sofia Redelinghu­ys, wat van nature met die hart dink, maar wat allerlei kopbesluit­e moes neem tydens die grendeltyd. Dié getroude ma met ’n vierjarige woon in Durbanvill­e en is in Maart verlede jaar afgelê. Sy het by ’n klein Kaapse reisondern­eming gewerk.

“Ek was my lewe lank ’n bemarker en as dit nie vir die aflegging was nie, sou ek dalk nooit die besluit geneem het om vir myself te werk nie.” Dit was ’n saak van gebed, maar ook van vasbyt. Sy het doelbewus besluit sy wíl dit doen.

Nou is sy die trotse eienaar van GingerMe (gingerme.co.za) en maak volgens haar Sweedse ouma se resep ’n gemmerdran­kie wat immuniteit ’n hupstoot gee.

Sy verskaf werk aan vier mense, waaroor sy baie dankbaar is. “Dit was nie aldag maklik nie. Daar was baie opoffering­s, maar ek hét immers die besluit geneem.” Sy het ook besluit sy wil haar deel doen vir die omgewing. “Ons gebruik net glasbottel­s. Dit is duurder as plastiek, maar is herwinbaar.”

Karen reken sommige mense kan nugter en doelgerig, amper “koudbloedi­g”, besluite neem. “Dit geld veral sakelui.” Dit geld ook dikwels duur besluite op lang termyn, soos wanneer mense motors of huise koop. “Dis baie belangrik om al jou opsies mooi te oorweeg. Doen jou navorsing, jy kan nie net pens en pootjies inspring en die eerste beste motor of huis koop nie.”

Sekere besluite moet liefs met die kop gemaak word – huiskoop, planne oor wanneer jy aftree, ’n nuwe werk, berig Medical Alert Buyer’s Guide.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa